top of page
Search

E-Kerk - Gedagte vir die Dag

  • Koos Espach
  • Feb 12, 2016
  • 2 min read

Matt 5:5“Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.”

Vergelyk ook Gal 6:1 – “Broers (en susters), as iemand in die een of ander sonde val, moet julle wat julle deur die Gees laat lei, so iemand in ‘n gees van sagmoedigheid reghelp.”

Ons as gelowiges in Jesus Christus, glo ons gaan hemel toe wanneer ons aardse lewe eindig. Terwyl ons egter nog op aarde is, is dit tog normaal dat ons gedurig besig is om ons eie planne te maak. Deel van die planne sluit hopelik in, om die voorbeeld wat Jesus gestel het tydens Sy aardse bestaan, te volg.

Dit is soms nodig om nie net te skik vir alles omdat ons sagmoedige Christene is nie. Wanneer dinge verkeerd loop, “as iemand in die een of ander sonde verval,” moet dit aangespreek word.

Dieselfde sagmoedige en mensliewende Jesus het die geldwisselaars met ‘n sweep uit die tempel gejaag (Joh 2:15). Hy het die mense gewaarsku om nie die voorbeeld van die Skrifgeleerdes en Fariseërs wat soos huigelaars en dwase en witgeverfde grafte optree, te volg nie (Matt 23:1-36). Hy het selfs hardkoppige sondaars uit die kerk laat uitwerp (Matt 18:17).

Hierdie strengheid of hardheid het nie Jesus se sagmoedigheid beïnvloed nie, inteendeel, dit is juis Sy liefde vir sondaars wat Hom so laat optree het. Jesus verstaan ons val-en-opstaan-pad. Ons daaglikse sonde laat ons struikel op die geestelike groeipad. Jesus het tussen ons kom loop om ons as geknakte riete terug te dra na die Vader toe. Hy wag nie totdat ons volmaak geword het nie, Hy begin met ons net soos ons is. Daarom is dit nodig om ander wat ook in sonde verval, "ons deur die Gees te laat lei en so iemand met 'n gees van sagmoedigheid reghelp." Dan sal daar ‘n dag kom dat ons saam kan uitroep: ”Loof Hom wat in die Naam van die Here kom” (Matt 23:39).

Gebed: Here Jesus, ons is so dankbaar dat U kruisdood wat geblyk het as ‘n neerlaag, die grootste oorwinning van alle tye was. Saam met Paulus wil ons triomfantelik uitroep dat ons nie deur die kwaad oorwin word nie maar die kwaad oorwin deur die goeie. Ons is meer as oorwinnaars deur U wat ons liefhet.

Amen.

 
 
 

Recent Posts

See All
Gedagte vir Vandag

Vrydag, 25 Maart 2025 Koos Espach Die wet en die sonde (2)   Die wet ontmasker die sonde Rom. 7:9-12 – “Voorheen, toe die wet nie daar...

 
 
 
Gedagte vir Vandag

Donderdag, 24 April 2025 Koos Espach Die wet en die sonde (1) God voorsien in ons behoeftes Rom. 7:7-8 – “Wat is dan ons gevolgtrekking?...

 
 
 
Gedagte vir Vandag

Woensdag, 23 April 2025 Koos Espach Bevry van die wet en in diens van God, diensbaar aan Christus (3) Diens vir my en jou is nie...

 
 
 

Comments


Recent Posts

Follow Us

  • Black Facebook Icon

 

98 Kraalkopstraat, Fochville,

Gauteng, 2515, Suid-Afrika

 

Tel: 018 771 6003

Navrae: skriba@ngfochvillenoord.co.za

 

Kantoorure:

 

Maandag - Vrydag 10:00 - 13:00

Maandag - Donderdag 14:00 - 17:00

 

Skoolvakansies:

Maandag - Donderdag 14:00 - 17:00

  • Facebook - White Circle

©2016 by NG Fochville-Noord.

bottom of page