top of page

Kernwaardes

GOD se Woord

Psalm 119:105 “...U Woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.” GOD se Woord is die fondament waarop ons gemeente gebou word en waarvolgens ons lewe! Ons wil in alles en ten alle tye aan GOD se Woord gehoorsaam wees en bly! 

 

Gebed

Kolossense 1:9-10 “...hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra GOD dat HY deur al die wysheid en insig wat die GEES gee, julle SY wil duidelik sal laat ken, sodat julle tot eer van die HERE sal lewe deur net te doen wat HY verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van GOD.” Ons glo dat gebed die kern van ons gemeente & elke gelowige se lewe is. Ons wil ‘n biddende gemeente wees! 

 

Lof en aanbidding

Psalm 145:21 “Ek sal die lof van die HERE verkondig. Laat al wat leef, SY heilige Naam vir altyd prys.” Ons eredienste, ons musiek, ons bedieninge – alles wat ons doen doen ons tot eer en verheerliking van die HERE! Ons wil ‘n gemeente van lof aan die HERE wees! 

 

Liefde & diensbaarheid

Johannes 13:14-15 “...As EK,  wat julle HERE en  julle Leermeester is, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was. EK het vir julle ‘n voorbeeld gestel, en soos EK vir julle gedoen het, moet julle ook doen.” Ons wil in JESUS se voorbeeld volg deur mekaar en ander in liefde te dien! Ons wil JESUS se hande en voete wees en in SY liefde groei.   

 

Gesinne

Josua 24:15 “...Wat my en my familie, ons sal die HERE dien.” Ons is ‘n gesins-gemeente en streef daarna dat elke huisgesin sal kies om die HERE in hul huis te dien!   

 

Getuies

Handelinge 1:8 “Maar julle sal krag ontvang wanneer die HEILIGE GEES oor julle om, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” As gemeente wil ons elkeen gehoorsaam wees aan die groot opdrag wat ons van GOD ontvang het...ons wil GOD se getuies in ‘n stukkende wêreld wees. 

 

Onder Konstruksie

Hebreërs 3:4 “Elke huis word deur iemand gebou, maar GOD is die EEN wat alles gebou het...” As gemeente is ons altyd onder GOD se konstruksie, deur die werking van SY GEES en word ons heeltyd gevorm om meer en meer te wees soos GOD wil hê ons moet wees.

bottom of page