top of page

Bemagtiging

Raak Betrokke

gebesgroep

Gebed is die hartklop van ons gemeente; en elke gelowige se lewe...

 

Ons gemeente se gebedsgroep kom elke Woensdae middag, om 15:00, by Getsemane (ons gebedskamer) bymekaar om deur gebed in te tree voor die Vader vir elke aksie, uitreik, en persoon in die gemeente wat voorbidding benodig. 

 

‘n Weeklikse Gebedskalender word elke Sondag aan die gemeente lede verskaf met aktuele sake 

om voor te bid.

 

Kontak Paul en Pikkie Heyns (082 924 2361) of (082 591 3983) vir verdere inligting asook enige gebedsversoek.

 

Julle kan ook op ons Facebook blad gaan kyk vir die weeklikse bidkalender asook waarvoor ons bid.

musiek bediening

Ons streef daarna om 'n gemeente te wees wat die HERE met hart, stem en dade loof en prys. Ons musiekbediening sorg daarvoor dat ons eredienste geleenthede van Lof & aanbidding tot eer van GOD is.

 

Ons musiekspan wat hiervoor verantwoordelikheid neem is:

 

Debbie Raymond (Orreliste by 082 852 6762)

Marietjie Swart (Kore & Sanggroepe by 082 855 4036)

Renier Duvenhage (Tegnies & Administratief by 082 608 5066)


Ons eredienste word gekenmerk aan 'n kombinasie van orrelbegeleiding & alternatiewe 

begeleiding; ou bekende liedere & nuwe kontemporere geestelike musiek.

bybelskool

Een van ons gemeente se kernwaardes is om 'n gemeente te wees wat op GOD se Woord as fondament gebou word. Ons Bybelskool speel 'n belangrike rol hierin.

 

Ons Bybelskool vind elke Donderdag, om 10:00 & 19:00, in die kerksaal plaas.

 

Elke geleentheid word 'n nuwe paar hoofstukke in die Bybel saam bespreek en so hanteer ons met verloop van tyd die hele Bybel. 

 

Enige persoon wat 'n passie vir GOD se Woord het en graag wil groei in hul kennis & verstaan van die Bybel is welkom om te kom in skakel. 

 

Almal is welkom!

 

 

​

Gemeente kampterrein

Elandsfontein is ons gemeente se Kampterrein en is ideaal vir enige kerk, jeug of ander kampe.

 

Die terrein beskik oor die volgene fasiliteite:

 

Daar is kampeerplek vir karavane en tente.

 

Slaap plek vir 90 persone

(Daar is 4 enkel kamers en 4 saal kamers wat van 19 tot 27 persone kan deel).

 

Ablusie geriewe (Mans & Vrouens) met warm water, stort, bad, wasbakke, spieëls, kragpunte ens.

 

Kombuis met al die nodige geriewe (Yskaste, vrieskaste, grootpotte en panne, Gasstoof, oond, opwas ens) om vir groot hoeveelhede mense kos te maak.

 

Onderdak eetsaal

Braai area

Opwas area

'n Groot swembad

Groot grasperk met bome

Saal met stoele tafels en 'n verhoog

 

Vir besprekings kontak:

Elize Lewis 083 264 3294

bottom of page