top of page

E-Kerk
Gedagte vir Vandag
Vrydag, 8 Mei 2026 Koos Espach Die nuwe lewe in Christus (12) Aanvaar jou opdrag Rom. 12:6-8 – “Ons het genadegawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het. As dit die gawe is om God se boodskap te verkondig, laat ons dit gebruik in ooreenstemming met die geloof wat ons bely. 7As dit is om te dien, laat ons dien. As dit is om onderrig te gee, laat ons onderrig gee. 8As dit is om mense te bemoedig, laat ons hulle bemoedig. As ons gee, l
Gedagte vir Vandag
Woensdag, 6 Mei 2026 Koos Espach Die nuwe lewe in Christus (11) God gee verskillende gawes Rom. 12:6 – “Ons het genadegawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het. As dit die gawe is om God se boodskap te verkondig, laat ons dit gebruik in ooreenstemming met die geloof wat ons bely.” Paulus noem sewe algemene genadegawes wat aan ons gegee is en hoe die betrokke gawe ‘verantwoordelik’ gebruik moet word. Dit is opmerklik dat die funks
Gedagte vir Vandag
Maandag, 4 Mei 2026 Koos Espach Die nuwe lewe in Christus (10) Gewillige diens tot eer van God Rom. 12:6a – “Ons het genadegawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het.” (2). Vergelyk ook Matt. 25:28-29 – “Vat die muntstuk van hom af weg en gee dit aan die een wat tien het. 29Aan elkeen wat het, sal meer gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, sal ook die bietjie wat hy het, weggevat word.” Ek onthou nog
Gedagte vir Vandag
Woensdag, 29 April 2026 Koos Espach Die nuwe lewe in Christus (9) Hoe gebruik God my en jou? Rom. 12:6a – “Ons het genadegawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het.” (1). Vergelyk ook 1 Kor. 12:11 – “Maar al hierdie dinge is die werk van een en dieselfde Gees, wat aan elkeen afsonderlik ‘n gawe uitdeel soos Hy wil.” God het ons tot dusver deur Paulus gewys wie ons is en wat ons van onsself mag dink (v. 3). Daarna is ons gewys wa
Gedagte vir Vandag
Vrydag, 24 April 2026 Koos Espach Die nuwe lewe in Christus (8) Raak betrokke Rom. 12:4-5 – “Ons het baie lede in een liggaam, en die lede het nie almal dieselfde funksie nie. 5Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en almal afsonderlik lede van mekaar.” (2) Elke gemeente is ‘n eenheid waarin daar lidmate met ‘n verskeidenheid van genadegawes deel van die gemeente is. God het ons in daardie gemeente geplaas. Die Bybel sê Hy het ons déúr sy doel en vír s
Gedagte vir Vandag
Woensdag, 22 April 2026 Koos Espach Die nuwe lewe in Christus (7) Waar hoort ek en jy? Rom. 12:4-5 – “Ons het baie lede in een liggaam, en die lede het nie almal dieselfde funksie nie. 5 Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en almal afsonderlik lede van mekaar.” (1) In vers 3 het God deur Paulus vir ons gesê dit is nodig om ‘n akkurate dunk van onsself te hê en nou gaan Paulus voort om vir ons die redes vir dit te beskryf. Ek en jy word deur God geroep
Gedagte vir Vandag
Maandag, 20 April 2026 Koos Espach Die nuwe lewe in Christus (6) Aanvaar en geniet wie jy is Rom. 12:3 – “Kragtens die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen van julle: Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink nie. Nee, lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het.” (2) Ons glo daar is van ons lesers wat al tyd spandeer het met mense wie se woorde en liggaamstaal laat blyk dat hu
Gedagte vir Vandag
Vrydag, 17 April 2026 Koos Espach Die nuwe lewe in Christus (5) Het jy jouself al ontdek? Rom. 12:3 – “Kragtens die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen van julle: Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink nie. Nee, lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het.” (1) Na die algemene oproep tot ‘n lewe wat aan God gewy moet word (Romeine 12:1-2), gaan Paulus nou voort om “kragtens
Gedagte vir Vandag
Woensdag, 15 April 2026 Koos Espach Die nuwe lewe in Christus (4) Ons is wie ons dink ons is Rom. 12:1-2 – “En nou doen ek ‘n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen. 2 Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onder
Gedagte vir Vandag
Maandag, 13 April 2026 Koos Espach Die nuwe lewe in Christus (3) Maak ‘n kopskuif Rom. 12:2 – “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.” Paulus spel vervolgens uit wat die tweede beginsel behels oor “die wesenlike van die godsdiens wat ons moet beoefen” (v. 1). As gelowiges mag ons nie inpas by die
bottom of page