top of page

E-Kerk
Gedagte vir Vandag
Woensdag, 5 Augustus 2026 Koos Espach Riglyne vir die Christelike lewe (22) Doen goed aan diegene wat jou lewe verwoes Rom. 12:20 – “As jou vyand honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink; want deur dit te doen, maak jy hom vuurrooi van skaamte.” Raak Paulus nie nou ‘n bietjie erg nie? Maandag het hy ons opdrag gegee om nie wraak te neem nie, en nou wil hy op die koop toe hê ons moet ons vyande versorg as hulle honger of dors is! Dit druis
Gedagte vir Vandag
Maandag, 3 Augustus 2026 Koos Espach Riglyne vir die Christelike lewe (21) Los die vergelding vir God Rom. 12:19 – “Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God. Daar staan immers geskrywe: ‘Dit is mý reg om te straf; Ék sal vergeld,’ sê die Here.” Vergelyk ook Matt. 7:1-2 – “Moenie oordeel nie, sodat oor julle nie geoordeel word nie; 2met dieselfde oordeel waarmee julle oor ander oordeel, sal oor julle geoordeel word, en met dieselfde
Gedagte vir Vandag
Vrydag, 31 Julie 2026 Koos Espach Riglyne vir die Christelike lewe (20) Die sagte voetstappe van vrede Rom. 12:18 – “As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.” Vergelyk ook Matt. 5:9 – “Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.” Paulus kwalifiseer nog ‘n riglyn en opdrag om in “vrede te leef met alle mense”, deur by te voeg dat ons gelowiges ons kant moet skoon hou. “Sover dit van ons afhang en as dit moo
Gedagte vir Vandag
Woensdag, 29 Julie 2026 Koos Espach Riglyne vir die Christelike lewe (19) ‘n Onmoontlike opdrag Rom. 12:17 – “Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Wees goedgesind teenoor alle mense.” Vergelyk ook 1 Pet. 3:9 – “Moenie kwaad met kwaad vergeld of belediging met belediging nie. Inteendeel, antwoord met ‘n seënwens, want daartoe is julle geroep, sodat julle die seën van God kan verkry.” Paulus verskuif die aandag nou weg van die Christen se optrede teenoor sy mede-Christene,
Gedagte vir Vandag
Maandag, 27 Julie 2026 Koos Espach Riglyne vir die Christelike lewe (18) Nederigheid meet nie ander nie Rom. 12:16 – “Wees eensgesind onder mekaar. Moenie hooghartig wees nie, maar skaar julle by die nederiges. Moenie eiewys wees nie.” Vergelyk ook 1 Pet. 5:5b – “Almal moet teenoor mekaar nederig wees en mekaar help, want God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.” Nederigheid is só sentraal om te onthou dat oral waar verwaandheid, selfverheer
Gedagte vir Vandag
Vrydag, 24 Julie 2026 Koos Espach Riglyne vir die Christelike lewe (17) Geloof, droefheid en blydskap Rom. 12:15 – “Wees bly saam met dié wat bly is en treur saam met dié wat treur.” Vergelyk ook 1 Kor. 12:24b-26 – 24b“God het die liggaam so saamgestel dat Hy groter eer gegee het aan die lid wat eer kortkom, 25sodat daar nie verdeeldheid in die liggaam sou wees nie maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar dra. 26As een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word
Gedagte vir Vandag
Woensdag, 22 Julie 2026 Koos Espach Riglyne vir die Christelike lewe (16) Vervolgdes omdat ons volgelinge is Rom. 12:14 – “Seën julle vervolgers, ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie.” (2) Vergelyk ook Joh. 15:18b; 16:2b – 18b"Omdat julle egter nie aan die wêreld behoort nie, maar Ek julle uit die wêreld uitgekies het, daarom haat die wêreld julle ...! 2bDaar kom selfs ‘n tyd dat elkeen wat een van julle doodmaak, sal dink dat hy ‘n diens aan God bewys.” God se
Gedagte vir Vandag
Maandag, 20 Julie 2026 Koos Espach Riglyne vir die Christelike lewe (15) Wees tot seën vir die andersdenkendes Rom. 12:14 – “Seën julle vervolgers, ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie.” (1) Vergelyk ook Matt. 5:44-45 – “Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat julle vervolg, 45sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers Sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor
Gedagte vir Vandag
Vrydag, 17 Julie 2026 Koos Espach Riglyne vir die Christelike lewe (14) Liefde in die gemeente = gasvryheid Rom. 12:13 – “Help die medegelowiges in hulle nood en lê julle toe op gasvryheid.” Paulus se vyfde riglyn om ons genadegawes prakties uit te leef in die gemeente, behels twee opdragte: “Hulp aan die medegelowiges en Christelike gasvryheid.” Die tradisie van gasvryheid en veral teenoor mense wat swaarkry, kom van ver. Reeds in Genesis 18 sien ons hoe gasvry Abraham s
Gedagte vir Vandag
Woensdag, 15 Julie 2026 Koos Espach Riglyne vir die Christelike lewe (13) Gebed, geloof en hoop is goeie vriende Rom. 12:12 – “Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed.” Vergelyk ook Heb. 6:18-19 – “Die twee onveranderlike dinge, die belofte en die eed, waarborg dat God sy woord gestand sal doen, en is vir ons wat ons toevlug tot Hom geneem het, ‘n kragtige aansporing om vas te hou aan die hoop op wat vir ons weggelê is. 19Hierdie hoop besit on
bottom of page