top of page

Gedagte vir Vandag

Maandag, 27 Mei 2024

Koos Espach


GEBED VIR DIE VERKIESING 2024


Romeine 11:36 – “Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid! Amen.”

 

Vergun ons om vir die volgende drie dae af te wyk van ons normale Dagstukkies en jou vriendelik te versoek, waar jy jou ook al bevind in die wêreld, om saam met ons te bid vir Suid-Afrika.

 

Elkeen van ons 905 E-Kerk lesers in Afrika, Verenigde Koninkryk, Europa, Australië, Nieu-Seeland, Amerika en natuurlik in Suid-Afrika, bid asseblief saam met ons die volgende drie dae vir die Verkiesing. Bid veral vir:

 

·         Vrede tydens en na die verkiesing

·         Leiding van die Here vir wie om te stem

·         God se genade oor ons land om herstel en genesing te bring

 

Deur die genade van ons Here het ons die vrymoedigheid om julle vriendelik te versoek om vir julle vriende, kennisse, familie en enigiemand wat kan en wil saambid, ook te stuur.

 

“Oorgee – Omgee – Uitgee”

 

KOOS EN RENETTE ESPACH NAMENS NG KERK FOCHVILLE-NOORD

Comentarios


Recent Posts

Follow Us

  • Black Facebook Icon
bottom of page