Gedagte vir Vandag
Vrydag, 2 Desember 2022
Koos Espach
Goeiemôre liewe vriende,
Geliewe daarop te let dat ons gister, 1 Desember 2022, die laaste Dagstuk vir 2022 versend het.
Die versending van die dagstukkies staak vir die feesgety as gevolg van meeste lesers wat reeds met vakansie vertrek het en e-posse wat onafgelewer terugkeer.
Die volgende versending sal DV weer Maandag, 9 Januarie 2023 begin.
Daarmee het ons dan aan die einde van ons reis saam met Lukas in die boek “Handelinge van die apostels”, gedurende 2022 gekom.
Onthou egter, ons reis saam met die lewende God van die Bybel, is nooit klaar nie, omdat die lewende God van die Bybel nooit klaar is met ons nie.
Kerstyd gee ons die geleentheid om te vertel waarom die wêreld hierdie dag vier. Bid en vra die Here om julle hierdie Kersfees te gebruik om aan ander van Hom te vertel en die redes vir Sy koms na hierdie wêreld – maak Kersfees ‘n ware Christusfees!
Ons Christene vier nie ‘n datum nie, maar die wonderlike verlossing wat God vir ons uit genade, sy Seun Jesus vir ons as “Geskenk van die ewige lewe”, aarde toe gestuur het. Mag julle ‘n geseënde en sinvolle Christusfees saam met julle dierbares geniet. Mag die wêreld vir julle nuut word wanneer julle opnuut die vrede in Jesus vind. Mag julle dierbares vir julle net kosbaarder wees en julle vriendskappe hegter. Mag daar uit God se hand vir almal net seëninge voortvloei wat ryker is as wat julle ooit sou kon droom. Mag elke dag vir julle ‘n Christusfees wees!
Kom ons word stil en berei ons hierdie Christus-feesgety voor vir die nuwe jaar wat wag, ‘n geseënde jaar van “Oorgee – Omgee – Uitgee” in diens van ons Here saam met al ons E-Kerk lesers en NG Fochville-Noord Gemeente.
Geniet julle feesgety en vakansie. Reis veilig en bly gesond!
Jesusvrede, -liefde en -vreugde.
Koos en Renette Espach namens die Leraarspare, Ds. Pieter en Marina Theron, Ds. Johan en Elzabé Brink, en Kerkraad van NG Fochville-Noord Gemeente.
“Hand aan hand met God”
Shalom
Comments