top of page

Gedagte vir Vandag

27 Januarie 2021

Koos Espach


JESUS ONDERWEG NA SY LYDING, DOOD EN OPSTANDING (36)

(Matt. 16:21–25:46)

Jesus spel koninkrykswaardes vir huwelike, kinders en welvaart uit.

(Matt. 19:1-30)


Gesprek oor egskeiding (3)

(Mark. 10:1-12)

Is die huwelik nog kosbaar?

Matt. 19:10 – “Sy dissipels sê toe vir Hom: ‘As dit is hoe die saak met man en vrou staan, is dit beter om nie te trou nie.”


Vergelyk ook 1 Tess. 4:3-5 – “Dit is die wil van God dat julle heilig moet lewe. Weerhou julle van onsedelikheid. Elkeen van julle moet weet dat hy met sy vrou heilig en eerbaar moet saamlewe; julle moet nie deur hartstog en begeerte gedrywe word soos die heidene wat vir God nie ken nie.”


Die huwelik het dit swaar in vandag se tyd. Baie jongmense se redenasie “is dit beter om nie te trou nie” want dit eindig buitendien in die skeihof. Sommige mense reken selfs dis uitgedien en wanneer twee mense besluit om sommer saam te bly, is dit goed genoeg, minder moeite, minder verantwoordelikhede teenoor mekaar en wanneer ons “dik raak vir mekaar, kan hy/sy goed vat en waai.” Ander trou nog, maar sien die huwelik as ‘n menslike kontrak wat na hartelus nagekom óf gebreek word. Wanneer daar gepraat word oor die huwelik wat ‘n instelling van God is, word die wenkbroue gelig en ‘n siniese aanmerking word gehoor: “Kyk hoe lyk meeste se huwelike, dis beslis nie die produk van die hemel nie!”


Die idee wat die wêreld van die huwelik het, is soveel anders as God se idee. Eintlik is daar nie meer lyne nie. Selfs die stippellyne om die grense van die huwelik aan te dui, is nie meer duidelik genoeg om twee mense binne en ander buite te hou nie. Miskien begin dit reeds waar ons kinders nie meer die mooiheid, die goddelikheid van die huwelik raaksien nie. Die liefdesdaad word afgewater tot ’n sport en jongmense daag mekaar uit om te kyk wie kan dit die meeste doen.


Iemand vertel die volgende: “Here in Norway, girls are taught from very young to first look at the money. Can he take you on vacation abroad at least twice a year? Can he give you a better house than your best friend has? Can he belong to all the social clubs? Does he have a BIG motor yacht? A new car every 2 years? Is his family rich and influential? Hopefully he does not have any church ideas? Hopefully no parents to care about. It is all so materialistic. Not: DO I LOVE HIM? DOES HE LOVE ME? Is he a Christian? The man is of no concern. Only his ability to provide. And if you are old-fashion and feel sex belongs in marriage ... nou ja, then you must be mentally unbalanced. It is a very different world from our South African ideas! I was travelling to work on the train one day and there were 4 or 5 young girls about 12 years old. They were discussing their holidays they were having in Spain. Each had a comb. The reason? Well, who would have broken off each tooth of the comb by the end of the holiday? 1 tooth = 1 guy THEY had gotten into bed ...!


Dis skokkend en ongelukkig hier by ons nie veel van ’n ander storie nie. Die wêreld het ons prentjie van intimiteit en die huwelik bitter ver van die waarheid weggesleep. Ons moet moeite maak met ons huwelike. Ons moet besef dat dit kosbaar en ’n geskenk van God is. Ons moet oppas dat ons nie in ’n slaggat trap en toelaat dat dit met verkeerde seksuele speletjies deur die modder gesleep word nie. Ons moet weer God se idee van die huwelik leef. En ons moet ons kinders se hande neem en dit so vir hulle wys.


Elke nou en dan kom daar tye in ‘n huwelik wanneer jy wonder hoekom jy nou juis dié man of vrou gekies het. Mense haak dikwels sommer oor die kleinste dingetjies en dan dreig ‘n koue oorlog. Dis vir niemand lekker nie en dan is jy kwaad vir jouself dat jy nie eerder vir die dissipels geluister het dat “dit beter is om nie te trou nie.”Is dit miskien nie beter om te wonder, hoekom twee mense wat baie lief is vir mekaar oor die kleinste dingetjies na die slagveld stap nie?

Maak vrede, dit dra meer gewig as die donderwolke wat oor ons koppe draai. En dit is liefde wanneer die ander een belangriker raak as ekself. Dit is wat ons huwelike nodig het. Dit is wat die wêreld nodig het. Dit is wat elke verhouding in die wêreld nodig het: Liefde. Dalk is dit ’n goeie idee om ’n slaggie tyd te maak om by God uit te kom. Paulus skryf in Filippense 4:4-7: “Wees altyd bly in die Here! Wees inskiklik teenoor alle mense (veral jou eggenoot). Die Here is naby. Moet oor niks besorg wees nie, maar maak julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.” Praat met die Here elke keer as die kans daar is. Moet nooit moeg word om te bid nie. Hy luister én hoor!

Hoe kan ons weet wat God wil hê ons moet doen as ons nie by Hom uitkom nie? Sjoe, ons kan darem blind wees. Ons kla onsself moeg omdat ons nie weet watter koers ons moet inslaan nie, nie ’n idee het watter kant toe ons met ’n groot besluit moet gaan nie en dan lê ons klagtes voor God se deur. God antwoord ons nie! Gedurige, langdurige gesels met God maak mens anders. Dit rus jou toe vir die lewe daar buite en veral in die huwelik. Die huwelik kan een van die heerlikste dinge in die wêreld wees, en dit is soos wat God dit bedoel het, óf een lang uitgerekte marteling. Met God se hulp kan enige huweliksprobleem opgelos word, mits Hy die belangrikste Persoon in my en jou huwelik is! Maak tyd vir mekaar!


“Die huwelik is nie die gevolg van die liefde nie, dit is die geleentheid om lief te hê” (George Sweazy).


Gebed: Dankie Vader, vir U onbaatsugtige liefde. Dankie dat ons aan die ontvangkant daarvan is. Dankie vir die vreugde van ‘n huwelik wat in die hemel gemaak is. Dankie dat ek en my wederhelfte weet dat U ons spesiaal vir mekaar uitgesoek het. Dankie dat U ons geleer het om geduldig met mekaar te wees en om mekaar met foute en al, te aanvaar. Dankie vir die opwinding van die liefde wat deur die jare vars en nuut gebly het, sodat ons algaande kon leer om mekaar te koester. Help ons nou om ook daarvan uit te leef aan die geliefdes om ons. Amen.

Comments


Recent Posts

Follow Us

  • Black Facebook Icon
bottom of page