Gedagte vir Vandag
Vrydag, 10 Desember 2021
Koos Espach
Goeiemôre liewe vriende,
Geliewe daarop te let dat ons gister, 9 Desember 2021, die laaste Dagstukkie vir 2021 versend het.
Die versending van die dagstukkies staak vir die feesgety as gevolg van meeste lesers wat reeds met vakansie vertrek het en e-posse wat onafgelewer terugkeer.
Die volgende versending sal DV weer Maandag, 3 Januarie 2022 begin.
Daarmee het ons dan aan die einde van ons reis saam met Matteus, gedurende 2021 gekom.
Onthou egter, ons reis saam met die lewende God van die Bybel, is nooit klaar nie, omdat die lewende God van die Bybel nooit klaar is met ons nie.
Kerstyd gee ons die geleentheid om te vertel waarom die wêreld hierdie dag vier. Bid en vra die Here om julle hierdie Kersfees te gebruik om aan ander van Hom te vertel.
Mag julle ‘n geseënde en sinvolle Christusfees saam met julle dierbares geniet. Mag die wêreld vir julle nuut word. Mag julle dierbares vir julle net kosbaarder wees en julle vriendskappe hegter. Aan julle wat ‘n dierbare aan die dood moes afstaan, bid ons vir volkome vertroosting. Mag daar uit God se hand vir almal net seëninge voortvloei wat ryker is as wat julle ooit sou kon droom. Mag elke dag ná hierdie Kersdag vir julle ‘n Christusfees wees!
Geniet julle feesgety en vakansie, dra julle maskers, reis veilig en bly gesond!
Jesusvrede, -liefde en -vreugde.
KOOS EN RENETTE ESPACH
Comments