top of page
Search

E-Kerk - Gedagte vir Vandag

  • Koos Espach
  • Jul 5, 2016
  • 2 min read

DIE TWEE FONDAMENTE (3)


Die Hoorder wat Gehoorsaam is (1)


Matt 7:24-25 – “Elkeen dan wat hierdie woorde van My hoor en daarvolgens handel, kan vergelyk word met ‘n verstandige man wat sy huis op rots gebou het. Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk, en tog het dit nie ingestort nie, want die fondament was op rots.”


Vergelyk ook Joh 14:15 – “As julle My liefhet, sal julle My opdragte uitvoer. Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle ‘n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, naamlik die Gees van die waarheid.”


Jesus vestig ons aandag in hierdie perikoop eerstens op die hoorder wat gehoorsaam is. Hy hoor ons Verlosser se woorde en handel daarvolgens. Hy hoor nie net nie maar verstaan die leringe en pas dit in praktyk toe. Alleen sal ons egter nie hierdie opdrag van Jesus suksesvol kan voltooi nie, daarom het ons hulp nodig, die “Voorspraak wat ewig by ons sal wees, naamlik die Gees van die waarheid.”


Ons hulp begin wanneer ons weet dat ons in álles, “afhanklik van God is.” Ons erken ons armoede in geloof en tekortkominge om gehoorsaam te wees, maar gelukkig maak dit ons nie swaarmoedig nie want ons vind troos in die gedagte dat God vir ons lief is en deur genade gered het. Dit is die “mens wat homself oorgegee het as ‘n lewende offer vir God. God verander en vernuwe dan sy denke en daarom poog hy om nie gelyk te word aan hierdie sondige wêreld nie. Hy doen dinge wat vir God goed en aanneemlik is” (Rom 12:1-2).


Die mens wat gehoorsaam is aan Christus se woorde, is iemand wat “verstandig” is. Sy huisbou beplanning is nie net vir die huidige nie maar vir die toekoms. Hy neem nie kortpaaie om die bouwerk gou afgehandel te kry nie, maar doen die nodige beplanning om toekomstige storms die hoof te bied. Hy weet dat indien sy beplanning nie ‘n ordentlike fondament insluit nie, sy bouwerk onsuksesvol sal wees en die huis nie bestand gaan wees teen die storms van die toekoms nie.


Die “verstandige” mens dien sy huisbouplanne by God in. Hy glo dat God die Enigste Fondament voorsien het en dat God die plan goedgekeur het. Al wat ons nou moet doen is volgens Jesus se “spesifikasies” en “aanwysings” te bou. Jesus is die Verskaffer van die regte “boumateriaal” en dit sluit al die nodige "spesifikasies” in. Hierdie "spesifikasies" is onder andere, verkrygbaar in Sy Bergpreek!! Daar is geen moontlikheid dat ons huise van geloofslewe dan inmekaar sal tuimel nie, want dit is op die regte Fondament gebou.


Gebed: Dankie Jesus dat U aarde toe gekom het om vir ons die regte aanwysings en spesifikasies te voorsien sodat ons ons lewensbeplanning “verstandig” kan doen. Here, maar nou moet ons bely dat ons nie altyd hierdie spesifikasies volg nie en dan skielik weer onsself bevind met bouwerk aan ‘n huis van sonde en ongehoorsaamheid. Dankie Heer dat U bereid is om elke keer weer hierdie huis wat deur storms verwoes is, te herbou. Amen.


 
 
 

Recent Posts

See All
GEDAGTE VIR VANDAG

Dinsdag, 22 April 2025 Koos Espach As E-Kerk familie reis ons van vandag af verder saam met Paulus in sy Brief aan die Romeine. Bevry van...

 
 
 
Gedagte vir Vandag

Sondag, 20 April 2025 Koos Espach Jesus se pad na glorie   Die leë graf – Jesus het werklik opgestaan en lewe vandag Joh. 20:1-2 – “Die...

 
 
 
Gedagte vir Vandag

Saterdag, 19 April 2025 Koos Espach As E-Kerk familie reis ons hierdie week saam met Jesus na Opstandingsondag, 20 April 2025. Jesus se...

 
 
 

Comments


Recent Posts

Follow Us

  • Black Facebook Icon

 

98 Kraalkopstraat, Fochville,

Gauteng, 2515, Suid-Afrika

 

Tel: 018 771 6003

Navrae: skriba@ngfochvillenoord.co.za

 

Kantoorure:

 

Maandag - Vrydag 10:00 - 13:00

Maandag - Donderdag 14:00 - 17:00

 

Skoolvakansies:

Maandag - Donderdag 14:00 - 17:00

  • Facebook - White Circle

©2016 by NG Fochville-Noord.

bottom of page