top of page
Search

E-Kerk - Gedagte vir Vandag

  • Koos Espach
  • Feb 29, 2016
  • 2 min read

Matt 5:8 – “Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle sal God sien.”

Dankie tog! Ons Christen gelowiges voldoen gelukkig aan hierdie Saligspreking van Jesus. Ons harte is mos gereinig met Sy kruisdood. Ons het mos saam met Hom gesterf en opgestaan uit die dood. Ons is deur die bloed van Jesus gereinig.


Overduin, ‘n Nederlandse leraar reken ons moet nie so gou opgewonde raak daaroor nie. Hy beklemtoon dat Jesus nie gesê het dat dié geseënd is wat deur die bloed van Hom gereinig is nie, maar “Geseënd is dié wat rein van hart is.” Wat probeer Jesus tuisbring? Jesus verwys na die beheersentrum van ons lewe. Die hart wat die kern van ons lewe is en ons lewensgang bepaal. Dit is dáár waar alles suiwer moet bly.


Jesus sê self: “Die hart is die oorsprong van slegte gedagtes: moord, owerspel, onkuisheid, diefstal, valse getuienis, kwaadpratery. Dít is die dinge wat ‘n mens onrein maak” (Matt 15:19-20).


Ons is verloste sondaars, gereinig deur Christus se bloed, maar ons lewenswyse is nie onberispelik en foutvry nie. ‘n Rein hart beteken om Christusgesentreerd te leef en dít kom van binne ‘n mens af. Baie mense se harte is só vol gemors geprop dat daar net ‘n piepklein plekkie vir God oorbly. Sondae word God uit daardie “hoekie” gehaal en na die kerkdiens weer teruggeplaas. Die res van die daaglikse lewensgang getuig nie van ‘n rein hart nie.


Hoe kry ons die hart dan rein? Jesus sê: “Maak skatte in die hemel bymekaar. Waar jou skat is daar sal jou hart wees!” (Matt 6:26-27). Dan begin ons fokus op God. Ons kyk verby aardse goedere en soek ons sekuriteit by God. Ons kan dit egter nie op eie houtjie regkry nie. Met die Gees van God word ons lewenswandel bepaal en groei daar ‘n verhouding met die Almagtige – ‘n innerlike geestelike ervaring wat ‘n misterie bly!


Gebed: Here, ek is ‘n kindjie klein, maak my hartjie rein. Help ons om elke dag met oorgawe vir U te leef, toegewyd tot U alleen sodat daar nie onverdeelde aandag is nie.

Amen.


 
 
 

Recent Posts

See All
Gedagte vir Vandag

Vrydag, 25 Maart 2025 Koos Espach Die wet en die sonde (2)   Die wet ontmasker die sonde Rom. 7:9-12 – “Voorheen, toe die wet nie daar...

 
 
 
Gedagte vir Vandag

Donderdag, 24 April 2025 Koos Espach Die wet en die sonde (1) God voorsien in ons behoeftes Rom. 7:7-8 – “Wat is dan ons gevolgtrekking?...

 
 
 
Gedagte vir Vandag

Woensdag, 23 April 2025 Koos Espach Bevry van die wet en in diens van God, diensbaar aan Christus (3) Diens vir my en jou is nie...

 
 
 

Comentarios


Recent Posts

Follow Us

  • Black Facebook Icon

 

98 Kraalkopstraat, Fochville,

Gauteng, 2515, Suid-Afrika

 

Tel: 018 771 6003

Navrae: skriba@ngfochvillenoord.co.za

 

Kantoorure:

 

Maandag - Vrydag 10:00 - 13:00

Maandag - Donderdag 14:00 - 17:00

 

Skoolvakansies:

Maandag - Donderdag 14:00 - 17:00

  • Facebook - White Circle

©2016 by NG Fochville-Noord.

bottom of page