top of page

Gedagte vir Vandag

Vrydag, 11 Junie 2021

Koos Espach


JESUS ONDERWEG NA SY LYDING, DOOD EN OPSTANDING (106)

(Matt. 16:21–25:46)


Jesus se vyfde toespraak: Ellende-aankondigings teen die skrifgeleerdes en Fariseërs (7)

(Matt. 23:1-36)


Jesus veroordeel huigelary (1)

(Mark. 12:40; Luk. 11:39-42; 20:47)


Wanneer godsdiens in ‘n klug verander!


Matt. 23:13 – “Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en FariseĂ«rs, huigelaars! Julle sluit die deur van die koninkryk in die mense se gesig toe. Julle gaan self nie in nie, en julle verhinder diĂ© wat wel wil ingaan.”


Jesus het volgens Matteus se Evangelie, Sy vyfde toespraak begin deur die skare en die dissipels te waarsku teen die skynheiligheid van die skrifgeleerdes en FariseĂ«rs. Hulle wat veronderstel was om die gesagvoerders te wees om Moses se wet te vertolk, maar self nie ’n vinger verroer het om iets daarvan uit te voer nie (Matt. 23:1-4). Jesus gaan nou voort om die volksleiers (godsdiensleiers) direk aan te spreek oor hulle lewenswyse. Hy doen dit heel moontlik in hulle afwesigheid, tog spreek Hy hierdie sewe “Ellende-aankondigings” uit, want huigelary is nie net van toepassing op Sy destydse luisteraars nie, maar steeds vandag ‘n probleem is wat onder ons geledere voorkom.


Die sewe “Ellende-uitsprake” kan as die teenpool gesien word van die agt “Saligsprekinge” wat Jesus in Sy Bergpreek (Matt. 5:3-12) aan die volk, op wie die FariseĂ«rs neergesien het, voorgehou het. Kontrasterend het Jesus daar op die berg langs die See van Galilea, die volk verseker van hulle aansien by God. Nou veroordeel Hy die huigelary van die FariseĂ«rs. Die dissipels (volgelinge) verkeer in die teenwoordigheid van Jesus, terwyl die FariseĂ«rs onder die oordeel van God staan. In skrille kontras hoe Jesus in Sy preek op die berg mense geseĂ«n het, volg Hy nou met ‘n veroordeling oor sonde. Jesus veroordeel sonde, net soos verskeie profete voor Hom ook aan die volk hulle oordele uitgespreek het. Die volk het hulle nie daaraan gesteur nie, en die profete doodgemaak – dieselfde lot wat met Jesus oor ‘n paar dae gefel sou word!


Die keerpunt tussen God en Sy volk se verhouding het nou spreekwoordelik gekom – genoeg is genoeg, tot hiertoe en nie verder nie – God gaan die sonde nie verder verduur nie. Dit is nou maak of breek vir die Jode en Jesus konfronteer hulle met die eerste “Ellende-uitspraak: “Julle sluit die deur van die koninkryk in die mense se gesig toe. Julle gaan self nie in nie, en julle verhinder diĂ© wat wel wil ingaan.”


Die manier wat die FariseĂ«rs godsdiens bedryf het, het verwydering tussen God en die mense gebring. Jesus stel dit dat die FariseĂ«rs met menslik uitgedinkte verpligtinge, die deure van die koninkryk voor mense toegetimmer het. Hulle kweek volgelinge wat nog meer fanaties is oor bykomstighede wat nie werklik in die koninkryk ter sake is nie. Die FariseĂ«rs soek volgelinge vir die sinagoge, yweraars vir die sabbat en die besnydenis, alles wat gerig is op hulle voorkeure. Dat die mense in die eerste plek bekeerlinge tot God moet wees, het hulle totaal uit die oog verloor. Die nakoming van hulle reĂ«ls van moete en moenies, het die plek van ‘n verhouding met God ingeneem.


Maar ... gelukkig is ons nie soos die FariseĂ«rs nie ... of is ons? Daar is ongelukkig mense wat voorgee dat hulle nĂ©t die eer van God en die welsyn van Sy kerk soek, maar wanneer daar in hulle harte gekyk word, staan EIEBELANG in vetgedrukte hoofletters daar geskrywe. Daardie sogenaamde “kerkheiliges” wat net so bietjie meer belangrik is as die res – pasop, dit is die oorsteek van die grens na die FariseĂ«rs. Die grens van ‘n selfgesentreerde godsdiens waar Ă©k sal besluit hoe en waar en wanneer ek betrokke sal wees. As ons probeer om mense te behaag in plaas van God, sal ons onnodig ly – “As ek nog steeds die guns van mense soek, sou ek geen dienaar van Christus wees nie” (Gal. 1:10).


Ons moet egter net daarop let dat Jesus ons nie daarteen waarsku om niĂ© goeie dade in die openbaar te doen nie, maar wel dat ons dit nie moet doen om sĂ©lf die eer te wil ontvang nie. Ons doen dit nie vir onsself nie, maar om God te verheerlik (5:16). Ons doen dit ook nie om deur ons Vader beloon te word nie, ons het ons beloning reeds ontvang. God sit nie en bereken elke keer wanneer ons iets goeds doen, hoeveel beloning ons moet kry nie, die loon wat Hy gee is sonder berekeninge, dis hemelse genadeloon. Dit is ‘n genadeloon waar die sagmoediges die nuwe aarde ontvang; diĂ© wat rein van hart is, God sal sien; die wat afhanklik is van God en vervolg word omdat hulle doen wat reg is, die koninkryk van die hemel ontvang (Matt. 5:3-12). God se genadeloon het GÉÉN perke nie!


Aiden (A.W.) Tozer het die Christen en Godsdiens as volg opgesom: “Godsdiens is nie iets waar Ek kan besluit wanneer en waar en hoe Ek betrokke wil wees nie. Dit is om ‘n heilige liefde vir IEMAND te voel wat ek nog nooit gesien het nie omdat Sy liefde ver, wyd, hoog en diep strek; om elke dag vertroulik te praat met IEMAND wat ek nie kan sien nie; verwag om hemel toe te gaan nie uit eie verdienste nie maar omdat ek glo in IEMAND wat vir my aan die kruis gesterf het en deur God uit die dood uit opgewek is; maak myself leeg om deur IEMAND gevul te word; wanneer ek swak is, deur IEMAND sterk gemaak word; arm is maar deur IEMAND ryk gemaak is – IEMAND wat die onsienlike sien, die onhoorbare hoor, weet van alle dinge en vrede gee wat alle verstand te bowe gaan.”


Dit is seker reg om op die skouer geklop te word deur mense wat sĂȘ: “Mooi so!”, en erkenning te ontvang wanneer ek en jy ons godsdienstige pligte nakom, maar op die ou end maak dit nie eintlik saak wat mense sĂȘ nie, maar wat God dink. God raak opgewonde wanneer mense góéd aan ander doen en dit kom uit die hart, want God kyk tot binne in die hart!


“Skynheiligheid is die enigste boosheid wat onsigbaar tussen ons wandel, maar God weet, want Hy kyk na die hart” (John Molton).


Gebed: Here, weerhou my van skynheiligheid want dit is harteloos en onbarmhartig. Ek lyk soms beter as wat ek werklik is, maar Here, U sien my binneste en weet hoe dit dåår lyk. Dankie Here dat dit nie oor mense gaan nie maar oor IEMAND wat weet van alle dinge en vrede gee wat alle verstand te bowe gaan. Dankie Jesus, dat U my IEMAND, my Álles is! Ek wil graag U kruisdraer wees. Amen.

Recent Posts

Follow Us

  • Black Facebook Icon
bottom of page