top of page

E-Kerk : Gedagte vir Vandag


GOD SE VERKIESING VAN ISRAEL (1) – DROEFHEID OOR ONGELOWIGHEID!


Rom 9:1-3 – “In my verbondenheid met Christus praat ek die waarheid, ek lieg nie; en my gewete, wat deur die Heilige Gees gelei word, getuig saam met my dat daar by my groot droefheid en voortdurende hartseer is oor my broers, my eie volksgenote. Ek sou self vervloek wou wees, afgesny van Christus, as dit tot hulle voordeel kon wees.”


Vergelyk ook 1 Tess. 2:15-16 – “Dit is die Jode deur wie die Here Jesus en die profete doodgemaak en ons vervolg is. Wat God wil, doen hulle nie, en hulle is vyandig teenoor alle mense; hulle probeer verhoed dat ons aan die heidene die boodskap bring waardeur hulle gered kan word.”


Sedert Romeine 3:21 tot die einde van Romeine 8, het Paulus oor die nuwe bedeling wat in Christus Jesus gekom het, verduidelik. Dit is ‘n bedeling waarin ‘n nuwe volk van God uit álmal bestaan, almal wat God se genade uit geloof aanvaar, Jood en nie-Jood en dit sluit ons as gelowiges in. Die bevoorregte posisie van die Joodse volk wat daarin geroem het dat hulle die uitverkose volk van God is, was dus nou verby.


Na sy vreugdevolle woorde dat ons gelowiges, “meer as oorwinnaars is in God wat ons liefhet en dat niks of niemand ons van die liefde van God kan skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here” (Rom. 8:31-39), vind ons nou skielik ‘n kontrasterende Paulus met “groot droefheid en voortdurende hartseer.” Die rede daarvoor: sommige Jode het wel deur die geloof lede van die nuwe volk van God geword, maar die oorgrote meerderheid het nie.


Paulus het sy volk steeds liefgehad, deels omdat hulle GĂłd se volk was, en daarom was dit vir hom nodig om as’t ware drie getuies in te roep om die waarheid van sy droefheid oor hulle te bevestig: Jesus Christus, die Heilige Gees en sy gewete. Wat mĂ©Ă©r merkwaardiger is van sy liefde vir sy volksgenote, is dat hy bereid was om “self vervloek te wou wees, afgesny van Christus, as dit tot hulle voordeel kon wees.” DĂ­t terwyl dit juis hĂșlle was wat telkens sy werk in die wiele gery het en veroorsaak het dat hy baie ontberinge moes verduur (2 Kor. 11:23-29). In 1 Tessalonisense 2:14-16, (ons teks hierbo), klink hy verbitterd daaroor maar dit is moontlik die skerpte van onstelde liefde in plaas van haat, wat hom so laat praat.


Paulus se bereidheid om vir sy volksgenote alles op te offer, klink totaal onbegryplik en onlogies. Maar sedert Golgota geld daar ook nog ‘n ander logika in die wĂȘreld – die logika van God se liefde. Paulus se bekommernis oor mense se geloofsekerheid bestaan vandag steeds. Om toegewy te wees aan Jesus Christus is duur – dit beteken dalk om pyn, skande, vervolging en vals beskuldigings deur die wĂȘreld, te beleef. Dit beteken dat jou lewenswandel omvergewerp word, jou Christenskap kan selfs jou sosiale lewe uiteenskeur. Families gaan uiteen omdat sommiges van hulle lojaal aan Jesus Christus is, en ander nie.


Die Christus wat ons volg, word verwerp, gehaat deur die wĂȘreld wat in konflik is met die verkondiging van die ware evangelie. Om vervolg te word vir regverdigheid, is om vervolg te word vir Christus! Gelowiges met hulle getuienisse word verag want hulle het die groot leuen oor ongelowigheid ontbloot. Wanneer ongelowiges die lig gewys word, verkies hulle eerder die donkerte. Hulle is so diep ingedompel in hul verkeerde dade dat hulle nie daar gesteur wil word nie: “En so kom die skeiding: die lig het na die wĂȘreld toe gekom, en tog het die mense eerder die duisternis as die lig liefgehad, want hul dade was sleg. Elkeen wat kwaad doen, haat immers die lig en kom nie na die lig toe nie, sodat sy dade nie aan die kaak gestel moet word nie” (Joh. 3:19-20).


In sy droefheid oor sy volk se weiering om die evangelie te aanvaar, was Paulus selfs bereid om “vervloek te wees, afgesny van Christus, as dit tot hulle voordeel kon wees”, en redding vir hulle sou meebring; Jesus Christus het die volle prys vir ons aan die kruis betaal, dan behoort ons seker sĂł te leef dat ander God se liefde, en Paulus se logika, die deurslag in ons lewe behoort te gee. “Kom ons wy ons aan Hom toe, kom ons streef daarna om ons aan die Here toe te wy. Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom, Hy sal na ons toe kom soos stortreĂ«n, Hy sal ons verkwik soos lentereĂ«ns die grond verkwik” (Hos. 6:3).


“Mense wat leef as mense van die lig, weet dat hulle net hulle hande in die donker kan uitsteek na die enigste ware Bron van die lig” (Eberhardt Arnoldt).


Gebed: Ewige God, U wat die Lig vir die wĂȘreld is, wees met my, sodat die mense kan sien, ek is een van die lig. As dit moeilik is om met woorde of gedrag vir U te getuig, help my om sonder skroom te sĂȘ of te wys aan Wie ek behoort. Wees ook so met ons gemeente dat ons onderlinge gesindheid van liefde, altyd so sterk sal bly dat dit vir ander maklik sal wees om te kom deel in ons ‘Christusharte’. Bewaar ons jeug o Heer, veral teen mense wat verkies om in die donker te leef. Amen.

Recent Posts

Follow Us

  • Black Facebook Icon
bottom of page