top of page

E-Kerk - Gedagte vir Vandag


Matt 5:7 – “Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.”

Vergelyk ook Rom 8:32 – “Hy het Sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red.”


Jesus het nie aarde toe gekom en toe geïsoleerd en afgesonderd gaan leef nie. Die Prins van die hemel het as volkome mens aarde toe gekom om juis die dinge van mense te ervaar, te kyk deur mense oë, te voel soos mense voel, dink soos hulle dink. Hy weet wat die lewe van mensheid beteken want Hy het reg in hul lewe ingekom.


Jesus het nie met Sy menswording, Sy Godheid verloor nie. Tenspyte daarvan het Hy met mense wat arm was, eenvoudiges, sondaars en siekes gemeng om dinge te beleef soos hulle beleef. “Omdat Hy self versoek is en gely het, kan Hy dié help wat versoek word” (Heb 2:18).


“He came to men, not as the remote, isolated majestic God; but as a man – The supreme instance of mercy!” (William Barclay)


Jesus was die beste voorbeeld van barmhartigheid. God het gesien dat die mens in sonde en ellende verval en toe gaan God oor in aksie – “God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê” (Joh 3:16). God het baie duur betaal sodat nie een van Sy dissipels sal wegraak nie.

Hoe gaan ons as dissipels oor in aksie wanneer ons ellende waarneem?


Gebed: Here, dankie vir U voorbeeld van barmhartigheid. Skenk ons die krag om barmhartigheid te dóén soveel ons kan, op soveel maniere ons kan, op soveel plekke ons kan en so dikwels ons kan.


Amen.

Recent Posts

Follow Us

  • Black Facebook Icon
bottom of page