top of page

Noord eKerk - Gedagte vir die dag


Goeie More

Belangrike aankondiging – soos julle weet woon ons nou in Vosburg en ons ou gemeente, NG Fochville Noord, voel dat Koos Espach (puik geestelike leier en skrywer) eerder van Fochville die skrywes moet uitstuur want meeste lede van die Noord eKerk kom vanuit NG Fochville Noord se geledere. Ek sal dus binnekort oorgee aan Koos sodra NG Fochville Noord se webtuiste die skrywes kan uitstuur. Ek hou julle op hoogte en sal groet wanneer dit my laaste skrywe is.

Vers vir die dag – Galasiërs 5:22 “......Die vrug van die Gees is vreugde”.

Gedagte vir die dag – in vandag se lewe kan ons vinnig negatief raak en net die slegte raaksien. Vanoggend se vers herinner ons daaraan dat ons met vreugde deur die lewe moet gaan. Raak positief, sien wat goed is raak en bowenal, loof die Here vir wat Hy doen.......

Gebedsversoek van ons/julle – Here, verwyder die “negatiewe klappe” van ons oë en kom ons loof

die Here, want Hy is goed......

Geseënde dag

Frans

Recent Posts

Follow Us

  • Black Facebook Icon
bottom of page