top of page

Projek josua

"Wat my en my familie betref, ons sal die HERE dien."

Josua 24:15

 

 

Gesinsgeweld, ouerlose-kinders, ontrouheid, afwesige ouers, gebroke huwelike en stukkende huisgesinne kom meer en meer voor in die tyd waarin ons leef. Nog meer, GOD word in al minder huisgesinne met passie en oorgawe gedien.

 

Josua het vroeg in sy lewe besef dat hy niks sonder GOD is nie en het hy gekies om, anders as die res van die wêreld, die HERE met oorgawe te dien. Net soos Josua, word alle manne en vroue in JESUS CHRISTUS opgeroep om die keuse te maak om die HERE in hul huise te dien. Dit beteken dat elke man en vrou hom/haarself daartoe verbind om hul geestelike rol, tot eer van GOD te vervul.

 

Dit is tyd dat kinders van die HERE opstaan vir hul geloof en oral die Naam van JESUS bely. Dit is tyd dat ons die keuse maak (en dit wêreldwyd verkondig): "Wat my en my familie betref, ons sal die HERE dien."

 

Wat behels die projek:

 

Die bywoning van die Josua konferensie waar die geestelike rol van man en vrou bespreek gaan word.

 

Die ondertekening van 'n voorneme waardeur jy jouself daartoe verbind om die HERE met oorgawe te dien en jou Godgegewe taak met oorgawe uit te voer.

 

Die daaglikse uitleef van hierdie verbintenis in gehoorsaamheid aan JESUS CHRISTUS.

 

Die ondersteuning van mede-gelowiges in die uitleef van hierdie verbintenis deur vir mekaar te bid en te bemoedig.

 

     

Vir meer inligting kontak gerus:

Ds. Johan Brink 083 459 5241

bottom of page