top of page

'n gestuurde gemeente

 Immanuel (EEIII) – “...Jerusalem...” – Binne die gemeente self.

Edaneg – “...Jerusalem sowel as in die hele Judea...” – Binne die gemeente en omliggende omgewings.

Adyel – “...en in Samaria en

tot in die uithoeke van die wêreld...” – Uitreikaksie wat

fokus op projekte  buite die gemeente.

 

Ons gemeente se Uitreiks-visie is Handelinge 1:8 - 
“Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige GEES oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem
sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”

 

Ons is ‘n gestuurde gemeente wat, getrou aan die opdrag van Handelinge 1:8, GOD se getuies in ‘n stukkende wêreld wil wees. 


Van die uitreikaksies waarby ons betrokke is sluit in: Greenspark kleuterskool, Aganang dienssentrum in Kokosi, Orange Farms, Simunye Gemeente, asook MES Hillbow uitreike. Ons staan ook in vennootskap met sendelinge in die Ukraïne asook Petra College en die Back to the Bible Training College.  


                                    

bottom of page