top of page

Missionale

Karakter

Handelinge 1:8

Ons gemeente se Missionale Karakter is gebou op Handelinge 1:8. Die Here het vir ons kom wys dat ons volgens daardie struktuur al ons bedieninge kan indeel om tot die uithoeke van die Wêreld te bereik. Daarom word ons drie bedieninge, Emmanuel, Adaneg (Genade agteruit) en Adyel vergelyk met Jerusalem, Judea en Samaria. 

​

"Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”

Emmaneul (EEIII)

Dit is ons uitreik aksie in "Jerusalem", wat al die evangelisasie in ons gemeenskap behartig. Spanne mense gaan met die EEIII evangelisasie kursusse na huise waar hulle die Evangelie verkondig. Kontak gerus vir Koos Espach (071 682 7485) vir meer inligting en om deel te raak van ons uitreik-aksie. 

Edaneg

Edaneg is ons uitreik aksie in "Judea", naamlik in die groter gemeenskap in en om Fochville. Daar word baie hard gewerk onder ons informele nedersettings Greenspark en Kokosi en hulle is betrokke by verskeie organisasies daar. Dit sluit in die bediening van ouetehuise, kinderhuise, kos projekte en gemeenskapsprojekte. Kontak gerus vir Rudy van der Merwe (082 852 4900) vir meer inligting. 

Adyel

Adyel is ons Uitreik aksie in "Samaria" waar hulle betrokke is buite ons gemeenskap. Dit sluit ins ons gevangenes bediening en veral ons groot uitreike na Hillbrow saam met MES uitreik aksie. 

Kontak gerus vir Magda Opperman by 082 057 3903 indien U wil betrokke raak. 

"Tot in die uithoeke van die wêreld" is waar ons gemeente hande vat met vennote wat regoor die wêreld besig is met uitreik programme en evangelisasie werk. Dit is vir ons 'n voorreg om die volgende aksies jaarliks te ondersteun, nie net ruim finansieel nie, maar ook met ons gebede en lidmate wat ons stuur. 

bottom of page