top of page

EPIX

​

Movement

Wat is die EPIX Movement?

Die EPIX Movement is 'n dinamiese beweging van jongmense wat 'n passie het vir ons Here Jesus Christus. 

​

Dit is waar al ons jongmense van Gr. 8 tot Gr. 12 bymekaarkom Vrydae aande om 17h30 om geestelik te groei en baie fun te hê. 

Ons Praise & Worship met ons band en reik uit na mense wat Christus se liefde die meeste nodig het. Ons glo dat 'n Kerk 'n beweging moet wees wat missionaal uitbeweeg na die stukkende wêreld daar buite.

​

Ons as EPIX Movement het 'n opdrag om die Here se hande en voete te gaan wees as jongmense met 'n passie vir Hom.

​

Kom raak deel van die Movement...

1 Timoteus 4:12:

"Niemand mag op jou neersien omdat jy jonk is nie, maar wees jy vir die gelowiges 'n voorbeeld in woord en gedrag, in liefde, geloof en reinheid."

bottom of page