top of page
Search

E-Kerk - Gedagte vir Vandag

  • Koos Espach
  • Nov 22, 2016
  • 2 min read

JESUS IS DIE WOORD


Joh 1:1-2 – “In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God.”


Vergelyk ook 1 Joh 1:1 – “Van die begin af was Hy daar. Ons het Hom self gehoor; ons het Hom met ons eie oë gesien en met ons hande aan Hom geraak. Hy is die Woord, die Lewe.”


Johannes stel ons voor, in aangrypende eenvoud, aan die onpeilbare diepsinnigheid van die wese en werking van God. Hy verwys na die “Woord” as ‘n goddelike Persoon en hierdie Woord staan in ‘n besonderse verhouding tot God. Matteus (Matt 1:1) voer die herkoms van Jesus terug na Abraham, die vader van die Godsvolk; Lukas gaan daarmee verder terug tot by Adam, die vader van die mensheid (Luk 3:38), hoewel hy byvoeg dat Adam “die seun van God” was. Johannes weet nie van ’n beginpunt in die tyd nie. Hy staan voor die geheimenis van die ewigheid: die Woord het nie geword nie; Hy was reeds “in die begin” daar.


Johannes se begin verwys terug na Genesis 1:1 waar gesê word dat God “in die begin” die hemel en die aarde geskep het. Die begin van tyd dus. Daarvolgens was daar ’n beginpunt van die skepping. Maar nou verklaar Johannes dat by daardie beginpunt in die tyd, die Woord reeds daar “was”. Die Woord het dus nie ’n begin gehad nie maar het in ewigheid, vóór die geboorte van die tyd, reeds bestaan. Die Woord was reeds daar, nog voor enigiets anders ontstaan of bestaan het. Hy, die Woord, was dus nog altyd daar – van die oomblik van die skepping af, terug tot in der ewigheid in terug, was Hy daar – Christus die ewige, “die Lewe”!


Dit is vir Johannes belangrik dat ons Jesus se identiteit en Sy Goddelike oorsprong verstaan. Die Woord is egter ook onderskeibaar van God. Hy staan in ‘n bepaalde verhouding tot God – die Woord is God maar is ook by God. Die Woord is nie maar net ’n goddelike wese wat aan God ondergeskik is nie, Hy is self God.


Hierdie vers kan dus as volg lees – “In die begin toe die hemel en aarde geskape is, was Jesus Christus reeds daar omdat Hy van ewigheid af reeds daar was, en Jesus Christus was by God die Vader en omdat Hy deel is van die Goddelike Drie-Eenheid, is Hyself ook God en is Hy van ewigheid af al een met God.”


“Jesus was God en mens in een persoon sodat God en die mens weer gelukkig saam kon wees” (George Whitefield).


Gebed: Jesus, wanneer ons oor die onmeetlike afstand van tyd probeer verstaan en begryp wie U is, raak ons menslike verstand net deurmekaar. Dankie ons hemelse Vader vir die genadegawe van geloof. Daarom kan ons nou met vertroue glo in U, Christus, die Ewige. Amen.


 
 
 

Recent Posts

See All
Gedagte vir Vandag

Vrydag, 25 Maart 2025 Koos Espach Die wet en die sonde (2)   Die wet ontmasker die sonde Rom. 7:9-12 – “Voorheen, toe die wet nie daar...

 
 
 
Gedagte vir Vandag

Donderdag, 24 April 2025 Koos Espach Die wet en die sonde (1) God voorsien in ons behoeftes Rom. 7:7-8 – “Wat is dan ons gevolgtrekking?...

 
 
 
Gedagte vir Vandag

Woensdag, 23 April 2025 Koos Espach Bevry van die wet en in diens van God, diensbaar aan Christus (3) Diens vir my en jou is nie...

 
 
 

コメント


Recent Posts

Follow Us

  • Black Facebook Icon

 

98 Kraalkopstraat, Fochville,

Gauteng, 2515, Suid-Afrika

 

Tel: 018 771 6003

Navrae: skriba@ngfochvillenoord.co.za

 

Kantoorure:

 

Maandag - Vrydag 10:00 - 13:00

Maandag - Donderdag 14:00 - 17:00

 

Skoolvakansies:

Maandag - Donderdag 14:00 - 17:00

  • Facebook - White Circle

©2016 by NG Fochville-Noord.

bottom of page