top of page
Search

E-Kerk - Gedagte vir Vandag

  • Koos Espach
  • Feb 23, 2016
  • 2 min read

Matt 5:7 – “Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.”

Vergelyk ook Jak 2:13 – “Die oordeel sal onbarmhartig wees oor dié wat nie barmhartigheid betoon nie. Maar barmhartigheid triomfeer oor die oordeel.”


Die Nuwe Testament dring daarop aan dat om barmhartigheid te wil ontvang moet ons barmhartig wees. Twee dade van barmhartigheid maak die mens vry: vergewe en jy sal vergewe word; gee en jy sal ontvang. Jakobus, Jesus se halfbroer, is duidelik daaroor dat God se oordeel “genadeloos is oor wie nie deernis betoon nie.” Dan kom hy in die laaste deel van die vers met ‘n belofte. Ons sou in die oordeel van God veroordeel moes word, maar deur die genade van God triomfeer ons in Sy vryspraak.


“Ons moet immers almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang volgens wat hy (en sy) tydens hul aardse lewe gedoen het, of dit nou goed was of kwaad” (2 Kor 5:10). Daarom sê Jakobus dat daadwerklike liefde (barmhartigheid) triomfeer oor die oordeel.

Ons geloof in Christus behoort die aard en kwaliteit van ons barmhartigheid en totale verhouding met ander mense te bepaal. Is dit nie dalk nodig om “binne die liggaam van ‘n persoon wat ly, te klim nie?” Om dinge waar te neem vanuit sy oë, dinge te dink met sy gedagtes en voel wat hy voel.


Dit is presies wat nie gedoen word nie. Elkeen is só besig met sy eie gewaarwordinge en probleme dat ander se probleme blindelings verby gaan. Ons staan dus nog “buite” daardie persoon. En wanneer ons uiteindelik ‘n vlugtige kansie kry om barmhartigheid te betoon, dan is dit op ons voorwaardes, of daardie persoon daarvan hou of nie.

Elke hartseer het ‘n rede en wanneer die kern van die rede verstaan word, word dit makliker om barmhartig te kan wees. Dit geld vir elke mens wat God oor ons pad stuur en nie net diégene op ons voorkeurlysie nie.


Gebed: Here, ons moet vanoggend bely – die wêreld het ons koud gemaak. Weduwees se trane val ongemerk, nog ‘n sterfte laat ons koud, woorde van geweld ontplof in dade van geweld. Dit lyk asof die wêreld uitmekaarval en daar geen barmhartigheid meer bestaan nie. Maar dankie dat U God is tenspyte van. Tenspyte van al die chaos weet ons dat ons geanker is agter die voorhangsel – daar in die hemel. Bring vernuwing Here, skep nuwe harte, omgee harte.


Amen.

 
 
 

Recent Posts

See All
Gedagte vir Vandag

Saterdag, 19 April 2025 Koos Espach As E-Kerk familie reis ons hierdie week saam met Jesus na Opstandingsondag, 20 April 2025. Jesus se...

 
 
 
Gedagte vir Vandag

Vrydag, 18 April 2025 Koos Espach Annas en Kajafas verhoor Jesus   Elke dag ‘n getuie van Jesus   Joh. 18:19-21 – “19 Die hoëpriester...

 
 
 
Gedagte vir Vandag

Donderdag, 17 April 2025 Koos Espach As E-Kerk familie reis ons hierdie week saam met Jesus na Opstandingsondag, 20 April 2025. Die...

 
 
 

Recent Posts

Follow Us

  • Black Facebook Icon

 

98 Kraalkopstraat, Fochville,

Gauteng, 2515, Suid-Afrika

 

Tel: 018 771 6003

Navrae: skriba@ngfochvillenoord.co.za

 

Kantoorure:

 

Maandag - Vrydag 10:00 - 13:00

Maandag - Donderdag 14:00 - 17:00

 

Skoolvakansies:

Maandag - Donderdag 14:00 - 17:00

  • Facebook - White Circle

©2016 by NG Fochville-Noord.

bottom of page