top of page

Stiltetyd 

Hier is 'n paar riglyne wat jou kan help om God meer te beleef:

- Sit 20 minute uit op 'n vaste tyd elke dag.
- Word stil, sit alles af wat kan pla: dis nou net jy en die Here. Luister na al die geluide wat jy hoor. Hoeveel verskillende voëlgeluide?
- Vra God om met jou te ontmoet. Here, ek wil nou net met U tyd spandeer!
- Speel 'n gospel-lied en sing saam vir Hom.
- Lees die gedeelte 2 of 3 keer. Kies een ding wat jou tref en praat met God daaroor. Onthou om ook te luister!
- Bid
Wees rustig en sit net bietjie by die Here.

Epix Logo.JPG

Hierdie reeksie stiltetyd noem ons: Loof die Here!

Maandag:      Lees Psalm 111
Dinsdag:        Psalm 113
Woensdag:    Psalm 115
Donderdag:   Psalm 138
Vrydag:           Psalm 145
Saterdag:       Psalm 146
Sondag:         Psalm 148

​

Mag jy God persoonlik beleef en ervaar!
Liefde
Ds Pieter en al die Epix Ooms en Tannies

god die eer.jpg

Hierdie reeksie stiltetyd noem ons: Die Here en ek!

(Lees elke Psalm en waar jy aanklank vind, praat daaroor met die

Here. Onthou die riglyne hierbo!)

Maandag:     Ps 139:1-18

Dinsdag:       Ps 121

Woensdag:   Ps 127

Donderdag:  Ps 42

Vrydag:          Ps 32

Saterdag:      Ps 51

Sondag:        Ps 16

Mag jy hierdie week God sommer baie persoonlik beleef.

gebed.jpg

Hierdie reeksie stiltetyd noem ons: Wanneer Jesus weer kom...

Maandag:    Matteus 24:1-14 Vir watter 3 goed moet ons oppas?
Dinsdag:      Matteus 24:15 - 28 Hoe  Jesus se koms wees?
Woensdag:  Matteus 24:29 - 35 Waarvoor sal Jesus Sy engele uitstuur?
Donderdag: Matteus 24:36-51 Wat wil Jesus ons in die gedeelte leer?
Vrydag:         Matteus 25: 1-13 Wat dink jy is die boodskap van hierdie gedeelte?
Saterdag:     Matteus 25:14-30 Waarvan is die muntstukke 'n beeld in ons lewens?
Sondag:       Matteus 25:31-46 Wat soek God by Sy mense volgend hierdie gedeelte?

Jesus returns.jfif

Hierdie reeksie stiltetyd noem ons: Wees bly.....

Paulus roep die gemeente op om bly te wees oor God, maak nie saak wat hulle omstandighede nie. Hy skryf die brief uit die tronk waar hy is omdat Hy vir almal van Jesus vertel.

Maandag:       Filippense 1:1-11         Julle is kosbaar!

Dinsdag:         Filippense 1:12-26       Die hoofdoel van Paulus se lewe. En van joune?

Woensdag:     Filippense 1:27 - 2:11  Die gesindheid van Jesus - ook in jou!

Donderdag:    Filippense 2:12 - 30    Jy is God se ligdraer in die wêreld.

Vrydag:            Filippense 3:1-4:1       Die hemelse wenstreep!

Saterdag:        Filippense 4:2-9           Wees bly!

Sondag:          Filippense 4:10-23       Ek is tot alles in staat deur Jesus wat my krag gee!

bottom of page