top of page

Gedagte vir Vandag

Dinsdag, 30 November 2021

Koos Espach


Petrus verloën Jesus (1)


Ter wille van selfbehoud


Matt. 26:69-72 – “Petrus het buite in die binnehof gesit toe ‘n diensmeisie na hom toe kom en sĂȘ: 'Jy was ook saam met Jesus die GalileĂ«r.’ Maar hy het dit voor almal ontken: 'Ek weet nie waarvan jy praat nie.’Hy gaan toe na die uitgang van die binnehof. Daar sien ‘n ander diensmeisie hom en sĂȘ vir diĂ© wat daar staan: ‘Hierdie man was saam met Jesus van Nasaret.’ Weer het Petrus dit ontken en met ‘n eed gesĂȘ: ‘Ek ken die man nie!”


Vergelyk ook Luk. 22:31-32 – “Simon, Simon!’ het Jesus gesĂȘ. ‘Luister! Die Satan het daarop aangedring om julle soos koring te sif. Maar Ek het vir jou gebid dat jou geloof jou nie begewe nie. As jy weer tot inkeer gekom het, moet jy jou broers versterk.”


Petrus se verloĂ«ning word deur al vier Evangelie skrywers vertel, maar verskil in die besonderhede daarvan. Hierdie besonderhede hoef egter nie strydig te wees nie. Lukas se vertelling verwys na Annas se binnehof, by die ander drie gebeur dit in Kajafas se binnehof. Markus vertel dit is dieselfde diensmeisie wat Petrus die tweede keer konfronteer. Lukas reken dit was ‘n ander manlike persoon. Net Johannes identifiseer die derde ondervraer. Terwyl die verhoor van Jesus aan die gang was, het Petrus by die vuur bly sit, waar sekerlik verskillende mense aan die gesprek deelgeneem het en heelwat gepraat is oor die gebeurtenisse van die nag.


Petrus bevind hom skielik in ‘n hoek! Iemand het hom herken en dis duidelik dat die stemming vyandig is. ’n Diensmeisie, en dus iemand met geen besondere aansien of gesag nie, maak ‘n stelling oor sy identiteit: “Jy was ook saam met Jesus die GalileĂ«r.” Nie die Koning van Israel of Jesus, die Messias, maar Jesus van Nasaret, die oproermaker! Hy sal sy voetwerk moet ken of hy verf homself in ‘n hoek waar hy nie maklik gaan uitkom nie. Petrus sien daarin die geleentheid om te ontken dat hy ’n volgeling van Jesus is. Op die oomblik het dit na ’n onskuldige antwoord gelyk, maar dit was woorde van ontrou teenoor Jesus. Petrus het sy voet op ’n weg geplaas wat tot sy val sou lei. In teenstelling met Jesus se fiere antwoord in Getsemane van: “Ek is”, staan die swakkelingswoord van Petrus: “Ek is nie.”


Petrus se bravade van vroeĂ«r het nou plek gemaak vir vrees, leuens en bedrog. Dit was slegs enkele ure nadat hy vurig aan die nagmaalstafel verklaar het dat hy bereid is om saam met Jesus te sterf (v. 33), maar dan tuimel sy kragtige “commitment” ineen. Toe dinge vir hom moeilik begin raak, gaan hy na die ingang van die binnehof. Hier sou hy makliker kan weghardloop indien nodig. Dan hoor hy die tweede stelling: “Hierdie man was saam met Jesus van Nasaret.” Petrus, die man van die daad, het ‘n kort rukkie vantevore sy swaard gebruik om man alleen, ‘n hele afdeling soldate te trotseer om Jesus te beskerm, maar kan nou nie standpunt inneem voor ‘n onbelangrike diensmeisie nie! Hy ontken dat hy Jesus ken en hierdie keer met ‘n eed. Dit beteken dat hy God roep as getuie en verwys selfs neerhalend “dat hy die man nie ken nie!” (Snaaks hoe Jesus al hoe kleiner word namate die moeilikheid groter word.)


Goddank, Jesus het geweet wat met Petrus sou gebeur en Hy het sy vertroue uitgespreek dat, alhoewel Petrus Hom sou verloĂ«n, sy geloof hom nie sou begewe nie. En wanneer Petrus in ‘n oomblik van vrees sou misluk, sou sy lewe tog as oorwinning getuig, in so ‘n mate dat hy selfs sy “broers sal versterk”. Hy moes eers later besef dat wat hom eintlik staande gehou het, niĂ© sy toewyding aan Jesus was nie, maar Jesus se toewyding aan hĂłm. Jesus se belofte van herstel nog voor Petrus se val het hom gered (Luk. 22:31); nie Petrus se beloftes aan Jesus nie, maar Jesus se belofte aan hom; nie Petrus se gebede nie, maar Jesus se gebede vir hom!


Miskien beleef ons ook ons eie onbeskryflike swakheid en broosheid so diep, as juis in Petrus se optrede daardie nag toe Jesus voor die Joodse Raad verskyn het. Dalk kan ek en jy onsself vergelyk met Petrus. Loop ons nie ook maar soms twee rye spore nie – een wanneer ons by mede-Christene is en ‘n ander wanneer ons tussen vriende of kollegas is? Kleef daar nie dalk ook maar ‘n bietjie skynheiligheid aan ons vas nie – Sondae bely ons met oorgawe ons liefde vir God maar op die harde pad van die lewe kan ons nes Petrus, ontkennend en ongelowig raak? Wanneer ons oneerlik is of stilbly as iemand met die Here spot of Sy Naam ydellik gebruik, is ons Petrus se bloedbroers en susters! Ek en jy kan nie bekostig om ‘n afdag in ons geloofslewe te hĂȘ nie! Staan vas!


“Ons stryd teen elke versoeking wat ons uit God se hand probeer wegrokkel, is reeds gewen. Die oorwinning het reeds gekom op daardie eerste Paasmîre. Al waarmee ons nou nog sukkel, is die skoonmaak operasie ná die suksesvolle veldslag” (Dal Evans Rogers).


Gebed: Dankie Here dat U vir my intree by ons Vader wanneer ek met versoekinge worstel, wanneer ek soos Petrus U ook verloën, wanneer ek ook nie my beloftes teenoor U kan hou nie. Dankie dat ek veilig onder U voorbidding is en daardeur ook in staat gestel word, soos Petrus, om ander te versterk. Ek dank U Jesus, dat U alles vir my as U kind, ten goede laat meewerk. Amen.

Recent Posts

Follow Us

  • Black Facebook Icon
bottom of page