top of page

E-Kerk : Gedagte vir Vandag


‘n Kreet van ontrou teenoor Christus

GOD SE VERKIESING VAN ISRAEL (2) – ’N KREET VAN ONTROU TEENOOR CHRISTUS!


Rom. 9:4-5 – “Hulle is tog Israeliete; vir hulle het God as sy kinders aangeneem en in sy heerlikheid laat deel; met hulle het Hy die verbonde gesluit en aan hulle die wet van Moses gegee, asook die tempeldiens en die beloftes; hulle stam van die aartsvaders af, en uit hulle is die Christus as mens gebore – Hy wat God is, verhewe bo alles en lofwaardig vir ewig! Amen.”


Vir Paulus was dit feitlik hartverskeurend dat ondanks ál Israel se Godgegewe voorregte, hulle almal nie tot bekering en toewyding gekom het nie. Ten spyte van alles wat hy van sy volksgenote verdra het, kon hy nie teen hulle draai nie en demonstreer hy ‘n besondere kwaliteit van liefde en omgee teenoor sy mense. Hy was selfs bereid om homself prys te gee, ter wille van hulle – ‘n gesindheid wat net moontlik is as die Gees van Christus self in jou woon (v. 1).


Vir Paulus is dit onbegryplik dat Israel nie hulle voorregte as vanselfsprekend kon aanvaar nie. Sy bewoĂ«nheid strek immers oor die volk van God wat Sy verbondenheid met Israel herhaaldelik bevestig het: “Ek gaan jou my bruid maak vir altyd. Ek gaan jou aan My bind deur my weldade en my goeie sorg, deur my liefde en ontferming. Ek gaan jou aan My bind deur my onverbreekbare trou sodat jy aan My, die Here, toegewy sal wees” (Hos. 2:18-19).


Daarby wys Paulus hóé uiters bevoorreg hulle was deur agt sigbare tekens van God se genade te noem: "hulle was God se kinders, God was onder hulle teenwoordig, hulle het die wet en die tempeldiens, die beloftes van die Ou Testament, hulle is afstammelinge van die aartsvaders, en die hoogtepunt – 'uit hulle is die Christus as mens gebore.' ” Hulle het ĂĄlles ontvang, hulle moes net in God se genade intree en vanuit Sy genade leef!


Dit is asof daar as’t ware ‘n kreet vanuit Paulus se hart opklink oor die ontrou van Israel, maar hy het ook besef dat hy nie die sondes van sy volk kan dra nie, geen mens kan as middelaar in die plek van ‘n ander staan nie. Dit sou totaal in stryd wees met wat hy reeds geskryf het – Slegs Jesus Christus ons Here, kon die Middelaar wees!


Waar bring dit ons as gelowiges, ons wat deel is van die verlossing deur God se genade? Is daar ‘n droefheid en hartseer oor ons kerke wat so leegloop, ons land en dorpe wat vol kerktorings is, maar wat Sondae feitlik leeg is, ons volksgenote wat afdwaal, losbandig lewe, gesinsverbrokkeling, wĂȘreldse wysheid aanhang, mense wat God se gebod en God se verbond nie meer nodig ag nie, mense wat eerder met God ‘n verbond sluit, ‘n verbond wat hulle behoeftes pas??? GOD SLUIT 'N VERBOND MET MENSE, NIE ANDERSOM NIE!!!


Maar ... dit is die verstommende van die God wat ons aanbid, Hy verander mense se harte, nie deur geweld of om van ons te skei nie, Hy wil sy verhouding met ons vernuwe deur die oorredingskrag van Sy liefde. God is elke keer bereid, ten spyte van ons ontrou, om Sy verhouding met ons te hervat, daarom kan en moet ons uit dankbaarheid, soos absolute toegewyde Christene leef. Dit kan ons doen deur ons intimiteit met God en die sigbare tekens van God se genade in ons lewens, aan ons gesinne, familie, gemeenskap en volksgenote, aan ĂĄlmal rondom ons, te wys. Wanneer ons as Christen-gelowiges al ons voorregte uit God se genadekas nie as vanselfsprekend aanvaar nie, maar aan ander wys en toepas, sal hulle ook aangespoor word om hierdie wonderlike geleenthede aan te gryp.


Sal ons dit kan doen of laat sak jy ook jou kop, soos ek, in skaamte? Ai, die proses om meer soos Jesus te wees, sukkel maar om spoed op te tel. Die wĂȘreld het God se liefde sĂł nodig. Alles val uitmekaar en ons sien nie eintlik die lig nie, want ons as Christene saai nie genoeg van God se liefde in die wĂȘreld nie. Ons moet ons koppe weer na Jesus draai. Hy is die volmaakte voorbeeld van hoe ’n mens liefde saai. Dis ’n gee liefde, ’n liefde wat niks terug verwag nie. Jesus het nie met die mens geredeneer en gevra wat is ons bereid om te gee as Hy vir ons aan die kruis sterf nie. Hy het nie gegee om iets te ontvang nie, maar net onbaatsugtig Sy lewe, Sy alles gegee.


Paulus demonstreer ‘n besondere kwaliteit van liefde en omgee teenoor sy mense wat hom soveel slegte dinge aangedoen het, “Hy sou self vervloek wou wees, afgesny van Christus, as dit tot hulle voordeel kon wees” (v. 3). Sal ons dit ook kan doen? Dis wat die wĂȘreld nodig het, die mense rondom jou nodig het, daar in jou huwelik, verhoudings, kollegas, vriende en kinders. Hulle smag na jou onbaatsugtige liefde. Ja, dis erg moeilik, maar gaan probeer om ’n lewe te leef van gee, sonder om iets terug te verwag. Die wĂȘreld, jĂłĂș wĂȘreld, sal ĂĄnders lyk. Dan kan ons ook soos Paulus ‘n “Amen” as seĂ«l plaas op die plegtige lofprysing van Christus as die Een wat oor alles is, die “Een wat alle mag het in die hemel en op aarde” (Matt. 28:18).


“Die bewys dat ons God liefhet, is nie hoeveel mense ons na Hom gelei het, of hoeveel ons vir Hom gewerk het, of hoe pragtig ons Sy lof besing het nie, maar doodeenvoudig hoeveel ons ons naaste gedien het” (Gayle Roper).


Gebed: Dankie Vader, vir U onbaatsugtige liefde. Dankie dat ek aan die ontvangkant daarvan is. Help my nou om ook daarvan uit te leef aan die geliefdes om my, om met “Christusharte” teenoor my naaste te leef. Dankie Jesus dat ek ‘n lewe saam met U kan hĂȘ, al is dit nie ‘n probleemlose aardse lewe nie, U maak die lewe vir my egter ‘n oorwinning oor my probleme. Dankie o Gees dat U by my is, nie om my van ‘n gemaklike lewe te verseker nie, maar juis om my in moeilike tye by te staan. Amen.


Recent Posts

Follow Us

  • Black Facebook Icon
bottom of page