top of page

E-Kerk -Gedagte vir Vandag


DIE VADER GETUIG OOK OOR JESUS (2) – EK IS DIE LIG VIR DIE WÊRELD (2)


Joh. 8:12 – “Op ‘n ander keer het Jesus vir die mense gesĂȘ: ‘Ek is die lig vir die wĂȘreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hĂȘ wat lewe gee.”


Vergelyk ook Jes. 8:23 – (Jesaja kondig aan dat die Lig oppad is na die wĂȘreld): “Maar in die land waar daar duisternis is, sal daar nie langer donkerte wees nie.”


Jesus laat iets van sy wesensgelykheid met God deurskemer wanneer Hy weer die betekenisryke “Ek is” uitspraak maak. In 1:4 is gesĂȘ dat die Woord die lewe en die lig vir die mense is. Nou verklaar Jesus dat Hy self die lig vir die wĂȘreld is. Die beeld van lig teenoor duisternis loop soos ‘n goue draad vanaf die skepping van die heelal. Sonder lig is lewe onmoontlik. Voordat daar lig was, was daar nie lewe nie – “Die aarde was heeltemal onbewoonbaar” (Gen. 1:2) – alles was in duisternis gehul. Maar God vat die duisternis uit Sy skepping weg deur net te sĂȘ: “Laat daar lig wees!” God spreek en daar was lig en Hy skei die lig van die donker. Die oomblik toe God lig bring, kom daar lewe vir plante, diere, voĂ«ls en eindelik vir die mens. En sedertdien staan lig en donker altyd teenoor mekaar – altyd in kontras.


Johannes verwys na die skeppingsgebeure wanneer hy sĂȘ: “Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie ’n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie. In Hom was daar lewe, en diĂ© lewe was die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie” (1:2-5).


Wanneer Jesus dus sĂȘ “Ek is die lig vir die wĂȘreld”, verwys Hy ook terug na hierdie skeppingsgebeure. Hy verduidelik hiermee wie en wat Hy werklik is en Hy vertel ook vir ons daarmee wat Hy vir ons doen en wat ons deur Hom kan word. Hy is die Bron, die Kern en die Oorsprong van alle werklike lig. Kort na die skeppings gebeure het daar weer ’n diep donkerte oor die aarde gekom toe die mens in sonde geval het en dit die donkerte van sonde, dood en die hel, gebring het. In die plek van vreugde en vrede het daar, hopeloosheid, ongeluk en onmin, gekom. Maar tog hou God aan om lig te wees want die “duisternis van die sonde kon nie die lig uitdoof nie” (Joh. 1:5). Jesus is die ware Lig wat na die wĂȘreld toe gekom het. Jesus het die houvas van donkerte op ons lewens gebreek en daarom hoef die uitverkore kinders van God nie meer in die duisternis van die sonde te leef nie.


Hoe weet ek of hierdie belofte ook vir my bedoel is? ‘n Lewe in Jesus se Lig is ‘n keuse by elke mens, dit is nie vanselfsprekend nie. Dit is ‘n keuse wat ons telkens moet herhaal. Satan en sy bose magte se hoofdoel is om ‘n mens buite die ligkring van God se genade te kry en as hy eers sy voet in die deur gekry het, hou hy nie op met sy pogings totdat jy jouself in die donkerte van sonde bevind nie. Elkeen wat dus die Lig van Jesus in geloof aanneem hoef nie meer in die duisternis te leef nie – “Maar aan almal wat Hom aangeneem het, diĂ© wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word” (1:12). Die teendeel is egter ook waar – “En so kom die skeiding: die lig het na die wĂȘreld toe gekom, en tog het die mense eerder die duisternis as die lig liefgehad, want hulle dade was sleg. Elkeen wat kwaad doen, haat immers die lig en kom nie na die lig toe nie, sodat sy dade nie aan die kaak gestel moet word nie” (3:19-20).


Ek weet dus dat Ek ‘n kind van God is want Jesus het self gesĂȘ: “Maar wie volgens die waarheid handel, kom na die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God gedoen is” (3:21). As ek na die Lig toe kom, dan weet ek dat ek ’n kind van die Lig is. As ek Jesus volg hoef ek nie meer in duisternis te leef nie. Wat ’n wonderlike troos is dit nie! Ons kan kinders van die Lig wees! Dit is die belofte wat Jesus maak wanneer Hy sĂȘ: “Ek is die lig vir die wĂȘreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hĂȘ wat lewe gee.” Die vraag wat elkeen van ons egter vir onsself moet vra is: “Is ek ’n volgeling van Jesus Christus?” Want om die Here se ligglans in my lewe te ervaar moet ek Jesus ken en liefhĂȘ. As ek deur die Gees gelei word om te sĂȘ: “Ja Here, ek het U waarlik lief met alles wat in my is,” dan het ek die Lig wat lewe gee!


Wat beteken dit vir my as ek die Lig het wat lewe gee? Dit beteken ek is ’n kind van die LIG. Iets van God se Lig moet nou deurbreek in my lewe, in my gedagtes, in my beplanning, in my besluite en my dade. Hoe skyn my lig om die donkerte van die mense wat die Here oor my pad stuur te verlig? Hoe reageer ek wanneer die besige winkel assistent ’n fout maak; ‘n Kelner verkeerde of koue kos bring; As werkgewer my werknemers behandel en omgekeerd; Die verkeersman wat jou stop; In die ,kantoor, kombuis, klaskamer, myn – ja, oral waar ons ons bevind; wanneer ‘n bejaarde net so ’n bietjie geselsskap en tyd uit my besige skedule vra? Maak ek tyd vir my gesin? Is ek net so ongeskik terug wanneer ek met ’n ongepoetse en ongeskikte mens gekonfronteer word? In kort kan ek myself afvra: “Is ek ’n ligmens?” My lig is moontlik die enigste Bybel wat baie mense ooit sal lees!


“Jesus died for you in public; Don’t only live for Him in private” (Ds. PC Pretorius).


Gebed: Here, hoe kan ek U weerkaats as my gesig nie na U gedraai is nie? Hoe laai ek my geestelike batterye sodat ek as ligdraer vir U kan skyn? Ek verstaan dat dit nie my eie krag is wat my lig laat skyn nie. Help my asseblief om ‘n lig vir ander te wees sonder om self in die lig te staan. Laat U lig in my hart skyn om my te verlig deur die kennis en insig van U Woord en die heerlikheid van God. Help my om ‘n verskil te maak in die wĂȘreld Here, ek wil graag U hoop en lewe en lig uitdra in die wĂȘreld! Ek wil getrou wees aan U opdrag. Amen.


Recent Posts

Follow Us

  • Black Facebook Icon
bottom of page