top of page

E-Kerk - Gedagte vir Vandag


WEEK 6 – RESPEK VIR MY VYANDE (1)


1 Pet. 2:11-12 – “Geliefdes, in die wĂȘreld is julle vreemdelinge en bywoners. Daarom dring ek by julle daarop aan om nie aan sinlike begeertes toe te gee nie. Dit verwoes net Ɖ mens se lewe. Gedra julle altyd goed onder die heidene sodat, al praat hulle kwaad van julle asof julle misdadigers is, hulle julle voorbeeldige lewe kan sien en God kan verheerlik op die dag van afrekening.


Vergelyk ook Matt 5:43-45 – “Julle het gehoor dat daar gesĂȘ is: ‘Jou naaste moet jy liefhĂȘ en jou vyand moet jy haat.’ Maar Ek sĂȘ vir julle: Julle moet jul vyande liefhĂȘ, en julle moet bid vir diĂ© wat julle vervolg, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel.”


Petrus “dring by ons gelowiges (geliefdes) daarop aan om nie aan sinlike begeertes toe te gee nie.” Sinlike begeertes” kan verkeerdelik die indruk skep dat dit oor seksuele sondes gaan. Dit is egter nie waarna hy verwys nie maar wel dat ons nie aan ons “sondige natuurlike geaardheid” moet toegee nie. Makliker gesĂȘ as gedaan, Petrus. Dit is deel van ons menswees om aan ons natuurlike geaardheid toe te gee veral wanneer iemand anders die lewe vir ons moeilik maak. Ons verlekker ons daarin wanneer hierdie iemand anders, ons “vyand” dan sy dag kry.


Om dit nog moeiliker te maak, sĂȘ Jesus vir ons wanneer Hy tydens Sy bergpreek (Matt. 5:43-45), die diepste bedoeling van God se wet uitbring en verklaar: “Julle moet julle vyande liefhĂȘ.......”. Vir die destydse Jode wat daar teen die berghang langs die See van Galilea, na Jesus geluister het, was dit seker uiters onaanvaarbaar. Hulle het verwag dat iemand hulle gaan verlos van hul grootste vyande, die Romeine, en nou kom hierdie Man van Nasaret en sĂȘ hulle moet hul vyande liefhĂȘ??? Is dit nog van toepassing in 2017? Het Hy nie nou te ver gegaan nie? Van watter vyande praat Jesus? My persoonlike, politieke of landsvyand? Hoe is dit menslik moontlik om hierdie opdrag uit te voer?


Dit is vandag vir baie mense steeds onaanvaarbaar om vyande lief te hĂȘ. Hier word ons dissipelskap tot op die uiterste beproef. In die geweldskultuur wat tans feitlik wĂȘreldwyd heers, moet kwaad met hand en tand beveg word en indien dit nodig is, sommer met die voete ook! Maar dit was en is ook nie waaroor Jesus primĂȘr preek nie. Dit gaan allereers oor wie God is. Dit is eers in die lig van GĂłd se liefde, spesifiek Sy liefde vir ‘n mens se vyand, dat die opdrag begin sin maak. Liefde vir die vyand is dan om iets van GĂłd se liefde vir vyande in ons optrede te wĂœs. Dit sluit natuurlik satan, ons grootste vyand, uit!


Jesus roep ons op om die inisiatief te neem om allerlei kreatiewe maniere te bedink en in werking te stel om geweld met liefde teen te staan. Geweld kweek geweld terwyl liefde en respek, wedersydse liefde en respek kweek. Paulus voeg by dat ons “nie eiewys moet wees nie, goedgesind moet wees teenoor alle mense en as dit moontlik is, sover dit van ons afhang, in vrede moet leef met alle mense. Ons moenie self wraak neem nie maar die oordeel oorlaat aan God” (Rom 12:16b-19). Deel van hierdie “alle mense” is ons vyande. Petrus se opdrag is ook nie maklik nie, ons moet ons steeds goed gedra “al praat hulle kwaad van julle asof julle misdadigers is, sal hulle julle voorbeeldige lewe kan sien en God kan verheerlik op die dag van afrekening."


Alles wat verganklik is sal tot niet gaan, selfs dit wat deur die smet van die sondeval aangetas is, sal tot niet gaan. Mense wat gedurig vergelding soek se menslikheid word stelselmatig afgebreek. Die ou spreekwoord: “Hy wat ‘n ander jaag, staan self nie stil nie”, getuig daarvan. Om dieselfde gesindheid as Jesus te kan wys aan ons vyande, is volmaak (Fil. 2:5). Ons weet mos dat dit heeltemal onmoontlik is om na te kom. Wat wel belangrik is, is of ons daarheen op pad is – die pad van liefde, respek, geregtigheid en geloof – wat ons met oorgawe moet loop. “En ons ken die liefde wat God vir ons het, en ons glo daarin. God is liefde; wie in die liefde bly, bly in God en God bly in hom. HiĂ©rin het die liefde sy doel volkome met ons bereik: ons het niks te vrees vir die oordeelsdag nie, want in hierdie wĂȘreld lewe ons reeds deur die liefde net soos Jesus” (1 Joh 4:16-17).


“Gee aandag aan jou vyande, want hulle is die eerste wat jou foute vir jou sal uitwys”

(Antisthenes - 371vC).


Gebed: Dankie Here dat U onderskei tussen die regverdige en die goddelose. Dankie dat U geweld haat en mense liefhet wat regverdig en opreg handel (Ps. 11). Skenk ons die wysheid om te strewe na selfbeheersing sodat ons geweld met liefde kan weerstaan, dat ons nie vergelding sal soek elke keer wanneer daar ‘n drif in ons ontstaan om wraak te neem nie. Laat ons as koninkrykskinders wat mag put uit U onuitputlike Bron, U liefde en gesindheid openbaar. Dankie Gees van God dat U ons toerus met die krag en U hulp sodat dit moontlik is om met ‘n onverdeelde hart, ons vyande ook lief te hĂȘ. Amen.


Recent Posts

Follow Us

  • Black Facebook Icon
bottom of page