November 8, 2019

November 7, 2019

November 6, 2019

November 5, 2019

November 4, 2019

November 1, 2019

October 31, 2019

October 30, 2019

October 29, 2019

October 28, 2019

Please reload

Recent Posts

E-Kerk - Gedagte vir Vandag

February 21, 2017

 Sinagoge in Nasaret

 

WEEK 4 – RESPEK VIR RANDFIGURE (2) (Matt. 13:53-58; Mark. 6:1-6)

 

Luk. 4:16, 21, 28-30 – “Hy het ook in Nasaret gekom, waar Hy grootgeword het, en soos sy gewoonte was, het Hy op die sabbatdag na die sinagoge toe gegaan. Toe begin Hy hulle toespreek: “Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul. Almal in die sinagoge was woedend toe hulle hierdie dinge hoor. Hulle het opgespring, Hom uit die dorp uitgejaag en Hom gebring tot op die rand van die berg waarop hulle dorp gebou was, om Hom van die krans af te gooi. Maar Jesus het tussen hulle deur geloop en weggegaan.

 

Vergelyk ook Matt. 6:2 – “As jy byvoorbeeld armes help, moet dit nie uitbasuin nie. Dit doen die skynheiliges in die sinagoges en op straat, sodat mense met lof van hulle kan praat. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg.”

 

‘n Storm bars om Jesus se optrede binne die sinagoge los. Die Jode wil nie aanvaar dat hierdie timmerman se seun die beloofde Messias is nie en dan wil Hy nog die nie-Jode ook insleep in sy verlossing. Hy is dan een van hulle, Hy was saam met sy pa Josef ‘n timmerman hier in Nasaret, Hy is een van óns! Dit gaan oor ’n bepaalde gesindheid van die Nasareners. Hulle het nie behoefte gehad om die genade verkondiging te hoor nie, en daar was ook nie liggaamlike behoefte aan genesing nie. Hulle gesindheid was dat hulle alleenreg het op die wonders wat Jesus doen. God se genade is net vir hulle gereserveer, ander dorpe se mense en veral nie-Jode, verdien nie hulle respek nie.

 

Geen mens in die kerk kan eise stel nie, want almal is op een of ander manier behoeftig. Jesus het nie aarde toe gekom om gewildheidskompetisies te wen nie, maar om God se koninkryk bekend te maak en verlore mense terug te lei na God toe. Maar nou gebeur dit dat sekeres nie hulle behoeftes besef nie en daarom ook nie respek het vir ander se behoeftes nie. Respek begin by jouself! Die versorging van die armes was byvoorbeeld ‘n belangrike faset van die Joodse- en vroeë Christelike gemeenskapslewe. Dit was egter afhanklik van individue se vrygewigheid, wat ‘n probleem was. Sommiges het uit eersugtige bymotiewe hulle bydraes met groot vertoon in die openbaar gegee, en nie die gevoelens van die behoeftiges gerespekteer nie. Jesus bring die kontras van omgee vir behoeftiges wat deur skynheiligheid gedoen word, in Sy Bergpreek in die reine (Matt. 6:2). 

 

Armsorg en hulpverlening is vandag nog steeds ‘n groot behoefte. Ongelukkig het dit in sommige gevalle ontaard in ‘n vertoonspel van “If you’ve got it, flaunt it!” Sommiges wat gee, wil in die kalklig wees – hoor hoe goed hulle is; hoeveel hulle doen vir behoeftiges; hoeveel tyd daar gespandeer word om ander te help; hoeveel ure vir behoeftiges gebid word; hoeveel ure spandeer word op uitreike om na behoeftiges om te sien. Dit gaan oor eersugtige selferkenning en waardering en nie oor Hom wat hulle stuur nie.

 

Wat is die motief daarvan? Sien dié wat liefdadigheid ontvang, God in die liefdesdaad raak? Word God wat “verborge is,” daardeur beïndruk? Hy ken almal se motiewe. Jesus verklaar nie ons moet nie indrukwekkend wees nie – meeste Christene is indrukwekkende mense. Jesus is ook nie teen publieke regverdigheid nie – getrou aan die wet; sout en lig vir die aarde. Jesus se belang is egter met watter motief dit gedoen word.

 

Is dit dan verkeerd om te gee sonder dat iemand daarvan weet? Geensins, die Bybel is vol voorbeelde daarvan: Gelowiges verkoop hul besittings en verdeel dit onder mekaar volgens elkeen se behoefte (Hand 2:45); Numeri 7 lys name van skenkers aan die Tabernakel; 1 Kron 29 beskryf presies hoeveel die leiers van Israel geskenk het om die tempel te bou. Indien hulle egter na status en reputasie gesoek het, was dit verkeerd. Die menswaardigheid van hulle, aan wie die skenkings gemaak word, moet steeds gerespekteer word.

 

Jesus se motivering is dat dit nie gaan oor wat “die mense” gaan sê nie of om hulle te beïndruk nie, maar oor God. Jesus motiveer ons juis om te gee, om met respek vir ander om-te-gee!  Wanneer ons gee, moet ons só draai dat die kalklig nie op ons val nie maar dat die lig na God toe draai sodat Hy verheerlik word. Wanneer mens te breed in die lig staan, is daar nie plek vir ander om in die lig te kan inkom nie. “Geseënd is die wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word” (Matt 5:7).

 

          “Jesus se pad stop by die voordeur van dié mense met stukkende lewens maar steeds met            respek behandel wil word. Nooi Hom in!” (Onbekend).

 

Gebed: Here, maak my sensitief vir mense se behoeftes. Maak my hart soos U liefdevolle hart wanneer ek uitreik na ander en stuur my in die rigting waar iemand om hulp wag, nie waar ek wil en volgens my keuses nie. Wanneer ek daar arriveer om te help, maak my deursigtig dat mense skaars van my sal weet, maar agter my, U sal sien. Laat ek steeds hulle menswaardigheid respekteer as skepsels van U en hulle daarvolgens hanteer. Amen  

 

Please reload

Follow Us

  • Black Facebook Icon

 

H/v Eerstestraat & Kraalkopstraat, Fochville,

Gauteng, 2515, Suid-Afrika

 

Tel: 018 771 6003

Navrae: [email protected]

 

Kantoorure:

 

Maandag - Vrydag 10:00 - 13:00

Maandag - Donderdag 14:30 - 17:30

 

Skoolvakansies:

Maandag - Donderdag 14:30 - 17:30

  • Facebook - White Circle

©2016 by NG Fochville-Noord.