top of page

E-Kerk Gedagte vir Vandag


"TERUG KERK TOE - NA DIE WAARHEID EN EWIGE LIG"

Oorkoepelende Motivering (3)


Jak 5:19-20 – “My broers (en susters), as een van julle van die waarheid afdwaal en iemand sou hom terugbring, weet dan dat hy wat ‘n sondaar van sy dwaalweg terugbring, hom uit die dood red en maak dat ‘n menigte sondes vergewe word.”


Jakobus het sy brief gerig aan ‘n gemeente in konflik. Wanneer ons dit deurtrek na ons gemeentes van vandag, weet ons dat Christene van vandag ook onderlinge en allerlei konflikte beleef. Rondom ons is daar groeiende konflikte oor verskeie verskille en kwessies wat spanning, bitterheid en selfs geweld tot gevolg het. Daarom is sy brief vandag net so aktueel as destyds en kan ons dit vandag ook van toepassing maak en leiding vind in sy praktiese raad.


Dit is juis as gevolg van die onderlinge konflikte dat gelowiges vandag “van die waarheid afdwaal.” Wat is die “waarheid?” In die Nuwe Testament is daar verskeie verwysings na die “waarheid”:

  • Waarheid is iets om lief te hĂȘ – “Die wettelose mens gaan verlore met gruwelike misleiding omdat hulle nie die waarheid lief gehad het nie” (2 Tess 2:10).

  • Waarheid is iets om te gehoorsaam – “Julle was so goed op pad. Wie het julle verhinder om die waarheid te bly gehoorsaam?” (Gal 5:7).

  • Waarheid is iets om bekend te maak – “Ons gaan nie met bedrog te werk nie en ons vervals nie die woord van God nie. Inteendeel, ons maak die waarheid openlik bekend” (2 Kor 4:2).

  • Waarheid is iets om met liefde te praat – “Ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe” (Ef 4:15).

  • Waarheid is iets om oor te getuig – “Dit is soos u sĂȘ: Ek is ‘n koning, antwoord Jesus. Ek moet oor die waarheid getuienis aflĂȘ. Hiervoor is Ek gebore, en hiervoor het Ek na die wĂȘreld toe gekom. Elkeen wat aan die waarheid behoort, luister na wat Ek sĂȘ” (Joh 18:37).

  • Waarheid is iets wat vry maak – “Jesus sĂȘ: Julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak” (Joh 8:32).

  • Waarheid is iets wat ‘n geskenk is deur die Heilige Gees – “Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei. Wat Hy sal sĂȘ, sal nie van Homself kom nie: Hy sal net sĂȘ wat Hy hoor, en Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle verkondig. Hy sal My verheerlik, want wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig” (Joh 16:13-14).

  • Jesus is die Waarheid – “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie” (Joh 14:6).

Hierdie waarheid waarvan afgedwaal word, is tegelyk op die terrein van die lewe en die leer, die lewenspraktyk en die denke. Dit is ‘n betroubare weg want dit wil ons na die ewigheidsbestemming van God lei. Dit is ‘n pad wat nie eindig in ‘n doodloopstraat nie, dit is ‘n waarheidspad wat eindig by God.


Dit is ons opdrag van God om afgedwaaldes van Sy weë terug te bring na die waarheid toe. Deur Jakobus roep die Here ons tot geduld, volharding, integriteit en gebed op want:

  • Jesus is die Here – die een wat gesag het oor alles.

  • Jesus is Heerser oor alles en almal.

  • Jesus kom weer en Hy sal geduld kom beloon.

  • Jesus is die Regter wat al die verkeerde en onregverdige dinge gaan kom regstel.

  • Jesus het medelye en ontferming want Hy luister na ons.

  • Jesus gee genesing daarom kan ons daarvoor bid.

  • Jesus vergewe daarom moet ons ons sondes bely en vir mekaar bid.

Gebed: Dankie Heer, met hierdie Here Jesus Christus kan ek enduit gaan. Op U kan ek wag en vertrou vir uitkoms in alles. Amen.



Recent Posts

Follow Us

  • Black Facebook Icon
bottom of page