top of page

Gedagte vir Vandag - Wat is regtig belangrik?


Wat het ek nodig?

Wat is regtig belangrik?

Glo: Die belangrikste is dat jy in Jesus Christus glo. Joh. 1:12; “Maar aan almal wat in Hom glo het Hy die reg gegee om kinders van God te word.”

Verhouding: Om in ‘n lewende verhouding met Jesus te staan sodat jou godsdiens nie uit plig is nie maar uit jou hart kom.

Fil. 1:11; “deur Jesus Christus sal julle geheel en al in die regte verhouding met God wees, tot Sy lof en eer.”

Doen: Wie in Jesus glo en met Hom ‘n verhouding het wil aktief raak...

Jak. 2:14; “Wat help dit, as iemand beweer dat hy glo maar sy dade bevestig dit nie?”

Wat moet ek nou doen vir die Here?

Gebed: “Heilige Gees, help my om myself te ken as U pronkstuk en om dan tot U verheerliking soos U pronkstuk te leef. In Jesus naam. Amen.

Doen 5 basiese dinge:

1. Die Bybel: Lees getrou jou Bybel want die Heilige Gees werk deur die Woord in jou lewe. Jy kan nie geestelik groei as jy nie geestelike kos kry nie. “En verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei.” 1 Pet. 2:2

2. Gebed: Bid elke dag en gereeld. Jy kan nie ‘n verhouding hê wat lewe en groei as jy nie met Hom praat nie.

3. Aanbidding: Kerkbywoning is ‘n belangrike deel van die Here se kinders se lewe. Ons het mekaar nodig en ons het die Here nodig om staande te bly.

4. Gemeenskap: Om saam met ander gelowiges te kom help mens om geestelik te groei. Dit is nie net ‘n vreugde nie maar is noodsaaklik vir ons lewe. Ons het mekaar nodig in geloof.

5. Getuie Wees: Dit waarvan jou hart vol is loop oor in jou mond. Dit waarvan jou mond oorloop vul jou hart nog meer. Ons eie ore hoor eerste wat ons getuig en verstrek onsself en al die mense om ons wat hoor.

Hierdie is die 5 basiese dinge wat elke kind van die Here kan doen.

Hoe vorder jy met die basiese waarhede?

Ds. Johan Brink

Recent Posts

Follow Us

  • Black Facebook Icon
bottom of page