top of page

E-Kerk - Gedagte vir die Dag


Matt 5:3 – “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is........”

Vergelyk ook Jak 4:10 – “Onderwerp julle in nederigheid voor die Here, en Hy sal julle verhoog.”

Die 1953 vertaling van die Bybel begin Matt 5:3 met: “Salig is die wat arm van gees is....” Verwys dit na armoede, behoeftige armlastiges, straatkinders, eenvoudige en ongeletterde mense? Nee, inteendeel, dit beteken om ‘n “bedelaar” te wees as gevolg van algehele geestelike bankrotskap.

Dit verwys na selfgesentreerdheid, selfvoldaanheid en selfsugtige optrede. Die self, die “ekkigheid.” Dít is waarteen Jesus preek! Daar is ongelukkig mense, Christen mense, wat baie swaar afskeid neem van hul vernaamheid en hul egoïsme hul dwing om hulself te laat geld en hul eie belange só dien, dat hul vergeet van Jesus wat Sy dissipels se voete gewas het. Martin Luther het gesê:“Totdat die mens niks is nie, kan God niks met hom doen nie.”

Wat ons ook al besit en wat ons is, is God se wil. Daarom sal ons gelukkiger wees as ons in nederige en afhanklike gesindheid God bedank vir al Sy gawes. Ons kan nie struikel as ons op ons knieë is nie.

Gebed: Jesus, vergewe ons asseblief ons valse vertroue in ons eggosentriese selfvoldaanheid. Ons het werklik niks om oor hoogmoedig te wees nie. Help ons om in nederige afhanklikheid só te leef dat U geëer word.

Amen.

Recent Posts

Follow Us

  • Black Facebook Icon
bottom of page