top of page

Noord E-Kerk- Gedagte vir die Dag


Matt 5:3 – “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is........”

(Vergelyk ook Jesaja 57:15b – “Ek woon in ‘n hoë en heilige plek en Ek is by hom wat verdruk en nederig is. Ek gee nuwe krag aan die nederiges, Ek gee nuwe krag aan die verdruktes.

Ons sit saam met die dissipels en die ander volgelinge teen die heuwel en luister na Jesus. As dissipels in ons eie reg, wonder ons waaroor praat Hy tog? Wat is ons indrukke van Sy woorde? Hy beter Sy boodskap wysig anders gaan Hy nie ver kom nie! Hierdie Man van Nasaret is wêreldvreemd! Nee wag! Wow! Dit is net wat ons nodig het. Ons verstaan nie alles nie maar ons gaan probeer om dit toe te pas want daar is ‘n belofte by: “...want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.”

Terwyl ons so na Hom luister ontdek ons ons tekortkominge. Maar dankie tog, die moontlikhede van God se genade klink nimmereindigend. Dít klink na die "Geheim tot Geluk! Hy gee nuwe krag.

Gebed: Here wat is die mens dan dat U vir ons omgee? Dankie dat U U enigsins bemoei met ons. Dankie dat U deur die Man van Nasaret vir ons op 'n praktiese manier demonstreer hoe ons as U kinders ons verhouding met U moet uitleef. Dankie Jesus dat U ons onderrig. Strooi U saad in die wind uit dat dit orals op vrugbare grond val.

Recent Posts

Follow Us

  • Black Facebook Icon
bottom of page