February 21, 2020

February 20, 2020

February 19, 2020

February 18, 2020

February 17, 2020

February 14, 2020

February 13, 2020

February 12, 2020

February 11, 2020

February 10, 2020

Please reload

Recent Posts

E-Kerk - Gedagte vir Vandag

August 8, 2016

Gevaarpunt 5 : Goed Doen (6)

 

Jak 2:20 – “Jou dwaas, wil jy ‘n bewys hê dat geloof sonder dade nutteloos is?.......V 25 – “Is Ragab die prostituut nie ook vrygespreek op grond van wat sy gedoen het toe sy die verkenners weggesteek en hulle met ‘n ander pad laat ontkom het nie? ‘n Liggaam wat nie asemhaal nie, is dood. So is geloof wat nie tot dade kom nie, ook dood.”

 

Vergelyk ook Heb 11:31 – “Omdat Ragab, die prostituut, geglo het, het sy die verkenners vriendelik ontvang en het sy nie omgekom saam met dié wat aan God ongehoorsaam was nie.”

 

In skerp kontras met ons aartsvader Abraham, verwys Jakobus na‘n tweede voorbeeld – Ragab die prostituut van Jerigo. Sy kon beslis nié op grond van haar werke geregverdig word nie. Indien iemand uit “geloof alleen” gered sou móés word, was dit seker hierdie heidense vrou van losse sedes! Sy het egter haar geloof bewys in werke deur die “verkenners weg te steek en hulle met ‘n ander pad laat ontsnap het.” Sy het gedoen in wat sy geglo het. Teenoor haar slegte lewenswyse van vroeër staan haar geloofsvertroue en word sy saam met verskeie geloofshelde in die Skrif erken vir haar geloofsdade. Sy het ongetwyfeld God se guns verkry en is geregverdig daarom “het sy nie omgekom saam met dié wat aan God ongehoorsaam was nie.” Jakobus verwag van sy lesers dat hulle op grond van hiérdie bewyse, sou instem dat geloof na uitsonderlike dade lei.

 

Asof Jakobus nie genoeg bewyse gelewer het op sy aanvanklike vraag aan sy lesers: “Wat help dit, my broers (en susters), as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so ‘n geloof ‘n mens red?  (V 14), wil hy sy argument verder voer deur die finale spyker in te slaan: “‘n Liggaam wat nie asemhaal nie, is dood. So is geloof wat nie tot dade kom nie, ook dood.” Só is geloof wat nie aanwysbaar in beweging kom om goeie dade te doen nie, ook as dood beskou moet word! Abraham en Ragab se lewende geloof het spontaan tot uitdrukking gekom in die goeie dade, net soos wat ’n lewende liggaam nodig het om asem te haal.

 

Ons deel graag ‘n storie van Marlow wat ons onlangs gelees het: Twee mense is heftig besig om te stry oor die belangrikheid van geloof en werke. By ‘n rivier vra hulle ‘n man met sy boot wat sy opinie oor die saak is: “Is geloof op sigself, of werke op sigself die Christelike plig en hoop?” As antwoord het die Christenroeier na sy twee spane gewys en gesê: “Een spaan is geloof en die ander een werke. Indien ek net met een spaan roei, sal ek nêrens kom nie maar net in sirkels al in die rondte beweeg. Ek het beide spane nodig om die anderkant van die rivier te bereik!”

 

Goeie werke is die asemhaling van ‘n lewende geloof. Die voorbeelde van Abraham en Ragab bewys dat geloof en dade nié teenoorgesteldes is nie, dit is onafskeidbaar. Aksie volg op geloof, geloof in Jesus Christus ons Here.

 

"Dit is nie wat ons predik of bid nie, maar wat ons glo en beoefen wat ons Christene maak" (Francis Bacon)

 

Gebed: Dankie Here dat daar ‘n onlosmaaklike band tussen U en ons is – die liefdesverbond! U het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het U ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor u ons bestem het (Efes 2:10). Laat ons daarom uit dankbaarheid op U liefde antwoord met ‘n lewe van gehoorsaamheid en U met ons goeie werke verheerlik. Amen.

 

 

Please reload

Follow Us

  • Black Facebook Icon

 

H/v Eerstestraat & Kraalkopstraat, Fochville,

Gauteng, 2515, Suid-Afrika

 

Tel: 018 771 6003

Navrae: [email protected]

 

Kantoorure:

 

Maandag - Vrydag 10:00 - 13:00

Maandag - Donderdag 14:30 - 17:30

 

Skoolvakansies:

Maandag - Donderdag 14:30 - 17:30

  • Facebook - White Circle

©2016 by NG Fochville-Noord.