August 14, 2020

August 13, 2020

August 12, 2020

August 11, 2020

August 10, 2020

August 6, 2020

August 6, 2020

August 5, 2020

August 4, 2020

August 3, 2020

Please reload

Recent Posts

E-Kerk - Gedagte vir Vandag

August 5, 2016

Gevaarpunt 5 : Goed Doen (4)

 

Jak 2:19 – “Glo jy dat daar net een God is? Dit is reg. Die duiwels glo dit ook – en hulle sidder van angs.”

 

Vergelyk ook Deut 6:4 – “Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here.”  (Joodse SHEMA Gebed)

 

Waarom sou Jakobus die duiwels by sy argument betrek? Die duiwels glo met hul koppe dat God dáár is. Dit is egter net verstandskennis want hulle gebruik nie die kennis nie. Hulle trek geen voordeel daaruit nie. Hulle beleef dit nie as die evangelie nie en aanvaar dit nie in die geloof nie. Hulle is uit die hemel uitgewerp en kan nie daarheen terugkeer nie (Op 12:9). Dit raak nie hul manier van lewe nie, daarom “sidder hulle van angs.” 

 

Daar is ‘n verskil om ‘n Christen te wees in ons gedagtes en om daadwerklik ‘n Christen te wees. Dit is presies die verskil in die duiwels se “geloof”: Hulle het die verstandskennis van God en wie Hy is, maar dis vir hulle nie ‘n saligmakende geloof nie want hulle word nie daardeur gered nie.

 

Hoe vergelyk ons geloof met dié van die duiwels? Die inhoud is dieselfde – ons ken God in Sy eenheid. Die verskil kom egter by die dade wat uit hierdie geloof voortvloei. As ons dade nie anders is as die duiwels s’n nie, is ons geloof ook net ‘n verstandskennis wat geen redding bring nie. Die duiwels weet ook van die één God, maar hulle doen ten spyte daarvan die kwaad. Hulle verhouding tot dié God is daarom nie een van vertroue en liefde nie, maar van opstand, haat en angs. Hulle Godsgeloof gaan egter nie gepaard met Godsdiens nie, daar bestaan dus ’n geloof-sonder-goeie-werke, en daarom lei dit tot Gods-angs.

 

‘n Mens weet eers hoeveel jy regtig in enigiets glo as die waarheid of valsheid daarvan vir jou ‘n kwessie van lewe en dood word (C.S. Lewis)

 

Gebed: Here, laat ons Godsdiens minder van ‘n verstandskennis wees. Laat ons teorie van ons geloof verander in liefdesdade. Verander ons Tomas-geloof van sien-en-voel na oortuiging van geloof in U. Amen.

 

 

Please reload

Follow Us

  • Black Facebook Icon

 

H/v Eerstestraat & Kraalkopstraat, Fochville,

Gauteng, 2515, Suid-Afrika

 

Tel: 018 771 6003

Navrae: [email protected]

 

Kantoorure:

 

Maandag - Vrydag 10:00 - 13:00

Maandag - Donderdag 14:30 - 17:30

 

Skoolvakansies:

Maandag - Donderdag 14:30 - 17:30

  • Facebook - White Circle

©2016 by NG Fochville-Noord.