July 3, 2020

July 2, 2020

July 1, 2020

June 30, 2020

June 29, 2020

June 26, 2020

June 25, 2020

June 23, 2020

June 23, 2020

June 22, 2020

Please reload

Recent Posts

E-Kerk - Gedagte vir Vandag

June 11, 2016

DIE EER VAN GOD (1)

 

Matt 7:6 – “Moenie wat heilig is, vir die honde gooi nie: hulle sal omspring en julle verskeur; en moenie julle pêrels voor die varke gooi nie: hulle sal dit met hulle pote vertrap.”

 

Wat bedoel Jesus met hierdie beeldspraak?  Wie is die honde en varke wat nie dít wat heilig is en kosbare pêrels, moet ontvang nie?  Is Jesus nie dalk besig om teen Homself te spreek nie?  Hy het ons pas gewaarsku om nie te oordeel nie en hier verwys Hy dalk na mense as honde en varke!

 

Nee, Jesus maak nie foute nie!  Jesus bedoel met hierdie beeldspraak dat daar ‘n nugtere onderskeiding is ter wille van die evangelie van God se koninkryk, wat heilig en kosbaar is soos pêrels.  God is die God van liefde maar Sy liefde is nie goedkoop nie en Hy laat nie hierdie duur liefde vertrap nie!  Die evangelie van liefde moet bly gebring word, sonder onderskeiding, aan mense wat dit nie wil aanvaar nie.  (Skrikwekkend om te dink daar bestaan mense wat nie die evangelie wil aanvaar nie!)  Dit is dikwels onmoontlik om met diesulkes te gesels oor die evangelie – oor Jesus Christus, Wie die evangelie is!  Hul onsensitiwiteit, morele blindheid, intellektuele trots, siniese bespotting en selfs besmette lagie sonde, maak hulle ontoeganklik, selfs ondeurdringbaar vir die evangelie.

 

Jesus waarsku ons as Sy dissipels, teen sulke mense en wys gevolglik hoe daar teen hulle opgetree moet word.  Dít wat heilig is en die boodskap van God wat liefde is, is nie goedkoop nie.  Dit het ‘n duur prys gekos aan die kruis.  Die vromes, die godsdienstiges en die ordentlikes wat dink dat hulle self kan regkom en reken dat hulle net die regte medisyne het vir hul sondepyne, het mos niemand anders nodig om hulle die regte pad te wys na God toe nie.  Dit is juis hulle wat Jesus gekruisig het: Vroom en godsdienstige mense met ‘n vaste sisteem van reg en verkeerd, goeie mense.  Die probleem egter is dat dit mense is wat nie in ‘n verhouding met God gestaan het nie.  Die eer van God word verwerp!  Jesus hou egter aan om te stap na sondaars, sondaars met stukkende lewens wat na Sy stem wil luister (Op 3:20).  Waar bevind jy jou?

 

Gebed: Hemelse Vader, U eer is vir ons die norm.  Wanneer mense U evangelie “vertrap” verstaan ons dit as Godslastering en wil ons graag aanhou om van U te getuig.  Soms voel dit asof ons dan sonder die nodige versigtigheid te werk gaan en is ons bang ons skrik dan mense af.  Dankie o Gees dat U ons gedurig herinner dat dit nie oor ons gaan nie maar oor God wat ons stuur.  Amen.

 

Please reload

Follow Us

  • Black Facebook Icon

 

H/v Eerstestraat & Kraalkopstraat, Fochville,

Gauteng, 2515, Suid-Afrika

 

Tel: 018 771 6003

Navrae: [email protected]

 

Kantoorure:

 

Maandag - Vrydag 10:00 - 13:00

Maandag - Donderdag 14:30 - 17:30

 

Skoolvakansies:

Maandag - Donderdag 14:30 - 17:30

  • Facebook - White Circle

©2016 by NG Fochville-Noord.