November 8, 2019

November 7, 2019

November 6, 2019

November 5, 2019

November 4, 2019

November 1, 2019

October 31, 2019

October 30, 2019

October 29, 2019

October 28, 2019

Please reload

Recent Posts

E-Kerk - Gedagte vir Vandag

June 9, 2016

MOENIE OORDEEL NIE

 

Matt 7:1-6 – Moenie oordeel nie, sodat oor julle nie geoordeel word nie; met dieselfde oordeel waarmee julle oor ander oordeel, sal oor julle geoordeel word......”

 

Na verskeie riglyne in verband met die vervulling van die wet wil Jesus nou beklemtoon dat dit nie tot eiegeregtigheid lei nie.

 

Die skrifgeleerdes en Fariseërs het weereens hul eie interpretasie toegepas t.o.v. oordeel oor ander mense.  Hulle het geleer dat iemand wat sy naaste voordelig oordeel, sal voordelig geoordeel word deur God.  Om hierdie voordelige en goeie oordeel te bevestig, was daar ses goeie werke wat deur God beloon sou word in hierdie en die toekomstige wêreld : naaste se lewensomstandighede in ag neem, besoeke aan siekes, gebedstoewyding, kinders oplei in die Wet, gasvryheid en goeie denke van naaste het.  Dit was eintlik maklike riglyne om na te kom maar die geskiedenis vertel ‘n ander storie.  Dit is seker een van die mees wanpersepsies van die wêreld want daar is bitter min of selfs geen persoon, wat nog nooit iemand anders geoordeel het nie. 

 

Waarom sou Jesus ‘n beroep op ons doen om nie ‘n ander te oordeel nie?  Eerstens ken ons nie al die feite van ‘n ander se lewensomstandighede nie en is dit nodig om onsself in ‘n ander se skoene te plaas om dalk te besef wat daardie persoon se behoeftes en versoekings is.  Wanneer ál die feite bekend is van ‘n ander, is dit moontlik om selfs goeie dinge in ‘n slegte mens waar te neem.  ‘n Kristal lyk aanvanklik dof maar wanneer dit gedraai word sodat die son op ‘n sekere hoek daarop skyn, word die mooiste kleure opgetower. Soek die onderliggende skoonheid en verwag dan dat hulle dieselfde aan ons doen.

 

Tweedens moet ons versigtig wees met onpartydige oordeel.  Instink en redelose optrede kan iemand klaar beoordeel.  'n Mens se eie lewe kan met so dik laag stof bedek wees dat die bietjie vuilgoed wat jy van ‘n ander wil afstof, nie raakgesien word nie.  Die gevolglike probleem daarvan is dat mens geneig is om jou eie sondetjies met verkleinwoordjies te spel en na ander met ‘n vergrootglas kyk.

 

Derdens is natuurlik die persoon wat as “wêreldkenner” bekend staan.  Hy weet álles van enige onderwerp, veral by sport.  Wanneer ‘n speler ‘n fout maak word hy afgeskryf en beoordelend vervang met die “kenner” se speler.  (Ek wonder partykeer of die “kenner” met die kantlynkritiek beter sou kon doen in dieselfde omstandighede?)  Ons het genoeg om te doen om ons eie lewensfoute te kritiseer as om vitterige regstellings by ander te soek. 

 

“The world is full of people who claim the right to be extremely vocal in criticism and totally exempt from action” (William Barclay)

 

Gebed:  Ag Here, vergewe ons kritiese en beoordelende gees.  Help ons om met meer takt en selfregverdiging met mekaar om te gaan.  Dit is vir ons so maklik om te sien hoe ander se lewe ongeorganiseerd is, hoe agtelosig hulle is, hoe selde hulle bietjie ekstra moeite doen, hoe maklik hulle kan oordeel.  Ons kan onsself nie weerhou van “bekommernis” oor ander se probleme en foute nie.  Wanneer ons egter onsself krities evalueer, kom ons agter dat dit niks anders was as ‘n oordeel van selfsugtige motiewe.  Dra ons, help ons, vernuwe ons o Gees van God.  Amen.     

 

Please reload

Follow Us

  • Black Facebook Icon

 

H/v Eerstestraat & Kraalkopstraat, Fochville,

Gauteng, 2515, Suid-Afrika

 

Tel: 018 771 6003

Navrae: skriba@ngfochvillenoord.co.za

 

Kantoorure:

 

Maandag - Vrydag 10:00 - 13:00

Maandag - Donderdag 14:30 - 17:30

 

Skoolvakansies:

Maandag - Donderdag 14:30 - 17:30

  • Facebook - White Circle

©2016 by NG Fochville-Noord.