January 27, 2020

January 24, 2020

January 23, 2020

January 22, 2020

January 21, 2020

January 20, 2020

January 17, 2020

January 16, 2020

January 15, 2020

January 14, 2020

Please reload

Recent Posts

E-Kerk - Gedagte vir Vandag

June 1, 2016

SKATTE IN DIE HEMEL  

 

Matt 6:19 – “Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie.  Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie.  Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.”

 

Vergelyk ook Jak 5:1-3 – “En nou, julle rykaards, kerm en kla oor al die swaar wat oor julle gaan kom.  Julle rykdom sal tot niet gaan en julle klere sal deur motte opgevreet word, julle goud en silwer sal verroes.  Die roes sal teen julle getuig en aan julle vreet soos ‘n vuur.  Julle maak skatte bymekaar, en dit terwyl dit die laaste dae is.” 

 

Jesus het nooit gesê dat die lewe in hierdie wêreld onbelangrik is nie.  Om vir die toekoms voorsiening te maak is heeltemal in orde en deel van goeie beplanning.  Wat Jesus wel teen waarsku is wanneer inhaligheid en gierigheid en die opgaar van middele uitsluitlik vir persoonlike gewin en sekuriteit is.  Ons eie belang mag nie groter word as God se belang nie. Wanneer ons waardesisteem as Christene so verknog geraak het aan aardse dinge, wat dit moeilik maak om te sterf a.g.v. roem en rykdom.  Iemand het eendag gesê dat ‘n rand in die hand meer werd is as ‘n droom in die hart.  Wat hy egter vergeet het om by te voeg is dat mens moet waak dat sy geloof in Christus Jesus ook niks meer as ‘n droom in die hart word en sy versameling skatte meer as God word nie.

 

Die feit bly dat Jesus redes verskaf hoekom daar nie skatte op aarde bymekaar gemaak moet word nie.  Diefstal, erosie, inflasie en baie ander faktore wat verlies tot gevolg het en dit geen blywende waarde het nie.  Jesus bied ‘n beter lewenspolis aan.  Sy beleggingsmoontlikhede is nie op die aandelebeurs genoteer nie.  Sy beleggings veroorsaak nie slapelose nagte, grys hare en maagsere a.g.v. prysskommelinge en aandelemarkte wat in duie stort nie.  Jesus se belegging het ewigheidswaarde en dit is onskatbaar.

 

Dan is daar die groep wie se gewoonte is om te koop “just to be like the Jones’s.”  Hulle raak so besig om bymekaar te maak en te vergelyk, dat daar nie tyd vir God is nie.  Hulle is altyd net té besig om saam met die Man van Nasaret te stap.  ‘n Ander stelling is natuurlik: “Ek wil dit hê!  Ek het my hart daarop gesit en ek sal nie rus voor ek dit gekry het nie.” Hierdie uitgangspunt bevestig  Jesus se woorde: “Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.” Solank hierdie aardse skat van selfverryking en/of eiebelang nie in die pad van die ewige skat staan nie!

 

Die ewige skat het Jesus reeds vir ons gegee.  Die “Agt geheime tot Geluk,” die ander wang draai, tweede kilometer, bokleed as deel van die “belegging in liefde.”  Die vrede van Jesus wat ons verander in vredeliewende en vredevolle mense.  Jesus het juis hierdie konsep in gedagte wanneer Hy praat oor dinge wat gaan hou.  Daar is geen permanensie in goedere wat nie gaan hou nie. Dit is dan wanneer mens vrede maak dat jy eintlik het wat jy nodig het.  God gee volgens koninkryksperspektief en waarmee hy ons kan vertrou.  Bowenal, wanneer ons daarmee vrede gemaak het, dan bekommer ons- en raak ons nie besorgd nie.  “En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor ons harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus” (Fil 4:7)

Jesus hou wag om te keer dat ons tyd, aandelemark, sport, besittings, of wat ookal wat ons aan hierdie wêreld laat kleef, nie verruil vir dít wat ewigheidswaarde het nie – die skat in die hemel.

 

                                    "YOUR SOUL IS MORE IMPORTANT THAN YOUR STUFF”

 

Gebed:  Ons Vader in die hemel, daar is so baie van ons wat skuldig staan omdat ons só besig is om aan ons toekomstige beleggings te werk, dat ons nie tyd het vir U nie.  Wanneer ons wel ‘n tydjie afknyp is dit buitendien met gedagtes, dat U tydjie ook inmeng in ons tyd, wat ons huidige lewensstandaard beïnvloed.  Ons is só besig om ‘n aardse bestaan te maak dat ons vergeet om te lewe!  Ons het nie eers tyd om hierdie dagstukkie volledig te lees nie.  Help Here!!!  Skenk ons meer tyd om aan ons hemelse skat te werk.  Amen.

 

Please reload

Follow Us

  • Black Facebook Icon

 

H/v Eerstestraat & Kraalkopstraat, Fochville,

Gauteng, 2515, Suid-Afrika

 

Tel: 018 771 6003

Navrae: [email protected]

 

Kantoorure:

 

Maandag - Vrydag 10:00 - 13:00

Maandag - Donderdag 14:30 - 17:30

 

Skoolvakansies:

Maandag - Donderdag 14:30 - 17:30

  • Facebook - White Circle

©2016 by NG Fochville-Noord.