January 24, 2020

January 23, 2020

January 22, 2020

January 21, 2020

January 20, 2020

January 17, 2020

January 16, 2020

January 15, 2020

January 14, 2020

January 13, 2020

Please reload

Recent Posts

E-Kerk - Gedagte vir Vandag

March 21, 2016

Matt 5:13 – “Julle is die sout vir die aarde.  Maar as sout verslaan het, hoe kry ‘n mens dit weer sout?  Dit is niks meer werd nie.  Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit.”

 

Jesus het Sy Saligsprekinge afgehandel.  Hy gaan egter voort om daar op die hange van die berg langs die See van Galilea, die lewensbeginsels aan die skare, te leer.  Die Christen moet nou sy funksie in sy wêrelse omgewing gaan toepas om God se koninkryk hier op aarde uit te bou.  Ons het ‘n funksie om die verrotting van die wêreld teen te werk.  Waar ons ons ookal bevind, moet ons lewensstyl van só aard wees dat dit ‘n verskil maak.

 

Jesus gebruik ‘n metafoor om aan ons as Sy volgelinge, aan te dui hoe ons die verrotte “wêreld” moet beïnvloed.  Hy vra nie vir ons om die sout van die aarde te wees nie en ook nie of ons bereid sal wees om sout te wees nie.  Hy stel dit feitlik: “Julle is die sout vir die aarde.” 

 

Om vir iemand te sê jy is die sout vir die aarde, is ‘n kompliment wat daardie persoon se nuttigheid beklemtoon.  Om so ‘n kompliment van Jesus af te ontvang, het ewigheidswaarde!

 

In Jesus se tyd was sout gekoppel aan spesifieke kwaliteite.  As gevolg van die glinsterende witheid van sout, was dit as suiwer beskou.  Die Romeine het selfs ‘n spreekwoord daarvan gemaak “Daar is niks méér nuttig as son en sout (nil utilius sole et sale)”.  Daar is selfs gereken daar is niks suiwerder as sout nie want die oorsprong daarvan was die son en see. 

 

As Jesus dus sê: “Julle is die sout van die aarde,” was dit ‘n voorbeeld van suiwerheid, ‘n voorbeeld van reinheid.  Wat nou oorbly is om uit te vind wat Jesus daarmee bedoel het.  Die vraag is hoe ons as sout bruikbaar is in ‘n verrotte wêreld?

 

Gebed:  Here, hier kom ons maar weer na U toe – soos duisende kere tevore.  Elke keer is U daar om ons te verwelkom – U arms wyd oop om ons te verwelkom.  Here, ons mensheid het beperkinge maar ons roem in U krag – daardie krag wat juis in werking kom wanneer ons swak is.  Wanneer ons as sout vir hierdie aarde swak is, maak ons asseblief bruikbaar.  Ons vra dit in afhanklikheid tot U eer.

Amen

 

Please reload

Follow Us

  • Black Facebook Icon

 

H/v Eerstestraat & Kraalkopstraat, Fochville,

Gauteng, 2515, Suid-Afrika

 

Tel: 018 771 6003

Navrae: [email protected]

 

Kantoorure:

 

Maandag - Vrydag 10:00 - 13:00

Maandag - Donderdag 14:30 - 17:30

 

Skoolvakansies:

Maandag - Donderdag 14:30 - 17:30

  • Facebook - White Circle

©2016 by NG Fochville-Noord.