top of page

E-Kerk - Gedagte vir Vandag


Matt 5:6 – “Geseënd is dié wat honger en dors na wat reg is, want hulle sal versadig word.”

Vergelyk ook die aanhalings in die dagstukkie.

Die wêreld verwag van mense, en dit raak nogal ‘n obsessie by sommige, om aan te pas by sy reëls en regulasies. Jesus egter, verwag ‘n geregtigheid wat sy oorsprong het in ‘n wedergeboorte hart, in ons denke, woorde en dade.


Martin Luther het bygevoeg dat die grond onder ons voete en die anker in ons lewe ons enigste en perfekte regverdigmaking en vryspraak is. Dit kan alleenlik by Christus verkry word!


Honger en dors na wat reg is bring mee die daaglikse toepassing van geregtigheid in ons lewens. Iemand wat na hierdie geregtigheid streef:

  • “Leef soos volgelinge van Jesus Christus en is nie voortdurend daarop uit om sy sondige begeertes te bevredig nie.” (Rom 13:14)

  • Laat “sy lewe deur die Gees van God beheers word en swig nie voor die begeertes van sy sondige natuur nie.” (Gal 5:16)

  • “Kruisig sy sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes” (Gal 5:24)

  • “Weet om nie te meng met slegte geselskap nie want dit bederf goeie sedes.” (1 Kor 15:33)

  • “Begrawe die ou dinge “wat deel van hul lewe is soos onsedelikheid, wellus, slegte begeertes, onreinheid, gierigheid.” (Kol 3:5)

  • Is iemand “wat doen wat die Woord sê en dit nie net aanhoor nie.” (Jak 1:22)

Dit is nie genoeg om net te wens dat geregtigheid moet geskied nie, daar moet ‘n ernstige honger en dors wees wat ons lewens só affekteer om sodoende die lewens van ander ook te affekteer. Ons sal dan versadig raak.


Jésus sê dit – geseënd en versadig.


Gebed: Jesus, soos wat U die honger skare gevoed het met brood en vis totdat hulle versadig was, so sal ons versadig word wat ‘n geesvervulde honger en dors het na wat reg is. Maak dit ons geestelike behoefte om gedurig daarna te streef.

Amen.


Recent Posts

Follow Us

  • Black Facebook Icon
bottom of page