July 3, 2020

July 2, 2020

July 1, 2020

June 30, 2020

June 29, 2020

June 26, 2020

June 25, 2020

June 23, 2020

June 23, 2020

June 22, 2020

Please reload

Recent Posts

E-Kerk - Gedagte vir die Dag

February 10, 2016

Matt 5:5“Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.”

Vergelyk ook 1 Kor 4:7 – “Wie maak jou so belangrik?  En wat besit jy wat jy nie ontvang het nie?  As jy dit dan ontvang het, waarom stel jy jou so aan asof jy dit nie ontvang het nie?

 

Die sagmoedigheid waarna Jesus verwys, het sy oorsprong by God se genade.  God neem bitter mense en maak hulle beter mense.  Wanneer ons lewe deur die Gees van God beheers word, sal ons nooit swig voor die begeertes van ons sondige natuur nie (Gal 5:16), maar die vrug van die Gees ontvang wat sagmoedigheid insluit (Gal 5:22-23).

 

Daarom word ander mense nie vir sagmoediges ‘n bedreiging nie want ons lewensgeluk hang nie van hulle af nie.  Ons hoef nie behep te wees met ons “regte” nie.  Ons word nie alweer “onregverdig behandel” nie.  Mense trap nie op ons omdat ons sogenaamde “softies” is nie. 

 

God is aan ons kant, ons speel in Sy wenspan!  Wanneer God die Kaptein van my span is, is dit nie nodig om in kompetisie met ander te wees nie.  By God is ons belangrik, al is ons sagmoedig. 

 

In al hierdie dinge weet ons dat ons ‘n veilige tuiste in ons Here het.  Ons kan op ons knieë gaan en vrede vind in die diep see van kalmte terwyl die storms van aardse dinge bo ons woed. 

 

Gebed:  Hemel Vader.  Ons bely vandag dat ons sagmoedigheid teenoor ander die meeste getoets word wanneer die lewe vir ons nie goed verloop nie – veral wanneer ons gefrustreerd, moeg of moedeloos is.  Maar dankie dat ons weet ons lewensgeluk hang nie van ander af nie maar van U by wie ons belangrik is.

Amen 

 

Please reload

Follow Us

  • Black Facebook Icon

 

H/v Eerstestraat & Kraalkopstraat, Fochville,

Gauteng, 2515, Suid-Afrika

 

Tel: 018 771 6003

Navrae: [email protected]

 

Kantoorure:

 

Maandag - Vrydag 10:00 - 13:00

Maandag - Donderdag 14:30 - 17:30

 

Skoolvakansies:

Maandag - Donderdag 14:30 - 17:30

  • Facebook - White Circle

©2016 by NG Fochville-Noord.