top of page

E-Kerk - Gedagte vir die Dag


Matt 5:4“ Geseënd is die wat treur...”

Vergelyk ook Ps 139:23-24“Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my ....”

Jesus praat met my, met ons. Hoe weet hy spesifiek van my probleem tussen al hierdie mense? Ja, ons kwalifiseer as treurendes. Ons is oral te sien. Die skouers krom getrek, glimlagte wat van gesigte af verdwyn het en die mondhoeke skeefgetrek, afwaarts. Daar is soveel kepe op die voorkop dat ‘n hoed opgeskroef kan word.

Sondae sien ons hulle die kerk inkom, gewone mense wat gelowig is. Elkeen met sy of haar eie verhaal of storie. Solank niemand, veral in die kerk, weet van my verhaal, my stories nie. Dit is te treurig, te persoonlik, te sondig. Ek moet my front behou, ‘n glimlag probeer aanplak, ek sal hierdie kruis alleen dra.

Maar God wéét. Hy ken my storie. Hy ken die pyn. Hierdie sonde wat die pyn in my losmaak en my treurig laat. Daarom kom ek kerk toe want God weet wat om met my pyn en hartseer te maak!

“Preek vir dié wat ly en jy sal nooit ‘n leë kerk hê nie.

Daar is ‘n gebroke hart in elke bank.” (Parker)

Gebed: Hemelse Vader, wat ‘n vertroosting dat U midde-in ons ellende ons steeds in liefde vashou. Ons wéét dit want ons name is op die palm van Jesus se spykerdeurdringende hande gegraveer. Here, maar moet asseblief nie dat dit net daar bly nie, maak van ons vertroosters.

Amen.

Recent Posts

Follow Us

  • Black Facebook Icon
bottom of page