top of page

Noord eKerk - Gedagte vir die dag


Goeie More

Vers vir die dag – Miga 5:9 “......om die Here te dien, dit is wysheid”.

Gedagte vir die dag – in die kompleks waar my skoonma woon, woon daar mense van baie agtergronde. As gelowige straal haar liefde uit en sy help waar sy kan en omdat sy al bejaard is, kom talle jonger mense haar nader vir raad. Terwyl ons onlangs by haar gekuier het, ontmoet ons van die persone en kom toe agter, dat wanneer jy in jou lewe op jou eie besluite neem, dinge nie altyd gebeur soos dit moet nie. Indien jy jou besluite, en meer nog, jou lewe in die Here se wil los, ontvang jy genoeg wysheid om ander te help.......

Gebedsversoek van ons/julle – Here, gee ons meer van daardie wysheid sodat ons net meer en meer kan dien......

Geseënde dag

Frans

Recent Posts

Follow Us

  • Black Facebook Icon
bottom of page