top of page

NG Noord E-Kerk


Matt 5:3 – “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is........”

Jesus gaan die berg op en gaan sit.Moses het ook ‘n berg opgegaan, die wet van God ontvang en vandaar aan die volk oorgedra.Ingelyks kondig Jesus, God se “nuwe” wet vir Sy dissipels, die skare wat Hom gevolg het en ons as gelowiges in Hom, aan.

In die grootste preek van alle tye, leer Jesus ons as Sy gemeente, Sy broers en susters, van die liefdevolle verhouding wat ons aan die Vader en aan ons naaste moet toon.Dít behoort immers tot uiting te kom wanneer gelowiges dóén wat God wil hê – dít is deel van die Goddelike wat ons lewe kan verander!

Gebed: Here, ons gee soveel aandag aan onbelangrike dinge dat ons feitlik heeltemal vergeet wat regtig belangrik is.Ons raak die pad skoon byster met al ons aardse belange.Help ons asseblief om tot ons sinne te kom, sodat ons die pad na Goddelike geluk, na U toe, kan vind.

Recent Posts

Follow Us

  • Black Facebook Icon
bottom of page