top of page

'n gesins gemeente

Een van die kenmerke van ons gemeente is dat ons ‘n Gesins-gemeente is en doen ons baie moeite 

om iets aan te bied vir die hele huisgesin.

 

Dit is om hierdie rede dat ons jaarlikse basaar,

bekend staan as die Famfest – ‘n ware familie fees waarheen die hele gesin kan kom en die dag

saam kan geniet.

 

 

DIE VOLGENDE BEDIENINGS IS ALLES GERIG OP DIE GESINNE IN ONS GEMEENTE:

 

 

Projek Josua – ‘n Projek waarby Pa’s hulleself daartoe verbind om geestelike leiding in hul huis te neem.

 

Daniël Mannegroep – ‘n Weeklikse byeenkoms waar manne bymekaar kom om saam te bid, te luister na GOD se Woord, relevante sake te bespreek en mekaar te ondersteun.

 

Getsemane – ‘n Weeklikse byeenkoms waar vroue bymekaar kom om saam te bid en geestelik te groei.

 

Kleuterkerk – elke Sondagoggend om 9vm hou al ons kleuters saam kerk.

 

KIX – ons jeugaksie vir alle kinders tussen graad R en graad 6.

 

EPIX – ons jeugaksie vir alle tieners.

 

EJIX – ons jeugaksie vir alle Jongmense van 18 tot 35.

 

Famfest – ons jaarlikse Familie fees is ‘n hoogtepunt in ons kerk kalender.

bottom of page