top of page

Daniël mannegroep
Daniël Mannegroep
In 2012 het die behoefte ontstaan vir 'n forum waar manne bymekaar kan kom rondom GOD se Woord om te groei tot die ideaal wat GOD vir elke seun, jongman & Pa het. So het die Daniël Mannegroep tot stand gekom - ons wil manne van die Woord wees wat in 'n lewende verhouding met GOD lewe, en hierdie geloof deel met ons gesinne, families en die geslagte wat kom.
Die Daniël Mannegroep kom die afgelope paar jaar gereeld elke tweede Dinsdagaand, om 19h00 bymekaar in die kerksaal. Alle mans van ons gemeente, sowel as mans vanuit die gemeenskap, is welkom om die byeenkoms by te woon.
Met elke byeenkoms gesels die Daniël Mannegroep oor 'n tema.
Ons sien uit na jou teenwoordigheid
Vir meer inligting kontak:
André Kruger (0722394085)
bottom of page