Laai gerus ons Bybelskool sessies af deur op die titel te druk:

"Unlocking the Bible"

"Unlocking the Bible" is 'n bediening wat probeer om ons as gelowiges die sleutels of insig te gee sodat ons self die skatte van die Bybel kan ontsluit. In die lesings oor  elke boek gee David Pawson vir ons agtergrond en inligting wat ons help om elke boek van die Nuwe Testament beter te verstaan.

Ons nooi jou uit om saam met ons op reis te gaan na die wêreld van die Nuwe Testament met behulp van hierdie videos, terwyl ons bid dat God ons elkeen se hart en lewe sal verander deur die ewige waarheid van Sy Woord.

In die eerste deel het David gewys dat die spanning tussen Joodse gelowiges en gelowiges uit die heidendom die rede vir die brief was. Agv hulle verskillende agtergronde deel hy spesifiek met die kwessies waarvoor elkeen staan – om kos te eet wat aan afgode geoffer is, om een spesiale dag in die week te hou, ens. Die sleutelwoord in Romeine is "God" en dit kom meer kere voor as enige ander woord. Paulus moet die Wet bespreek twv die Jode en "vryheid" twv die Heidene. Die hooftema is die geregtigheid van God. Die groot gevaar is dat goeie werke 'n mens uit die hemel kan hou. Redding is 'n proses wat moet aanhou tot die einde. God regverdig ons voor Hy ons heilig. David se kort struktuur van die boek is: Hoofstukke 1-4 Geloof wat na die verlede kyk; Hoofstukke 5-8 Hoop wat na die toekoms kyk; Hoofstukke 12-16 Liefde wat die hede moet uitwerk.  Hoofstukke 9-11 gaan oor die Jode. Paulus dra die evangelie oor met woord, daad en tekens.

Die brief van Paulus aan die Romeine is die langste brief uit die antieke wêreld waarvan ons weet en is baie belangrik. Paulus is duidelik besig om argumente te weerlê. Hy het nog nooit met die Romeine ontmoet nie, so waarom skryf hy vir hulle? David glo dat hoofstukke 9-11 waar Paulus  so baie oor die Jode praat die sleutel gee vir die verstaan van die brief. Wat was die behoefte van Rome? Daar was ernstige sosiale kwessies en dit is waarom Paulus sake soos homoseksualiteit, anti-sosiale gedrag, ongehoorsaamheid aan ouers, onbeheerde geweld en misdaad hanteer. Hy wil Christene bedien wat midde-in hierdie stad van onsedelikheid en misdaad moet leef. David verduidelik dat wat as 'n kerk van Hebreeuse gelowiges begin het 'n kerk van gelowiges uit die heidendom geword het toe Claudius  die Jode uit Rome verdryf het. Toe die volgende keiser die Jode terugnooi twv finansiële redes, vind hulle die kerk nou in die hande van gelowiges uit die heidendom is. Daarom glo hy dat alles in hierdie brief bedoel was om die twee groepe terug te kry in gemeenskap. Hoofstukke 9-11 staan teenoor "vervangings-teologie" wat leer dat die kerk die Jode vervang het.

David Pawson wys hoe 'n belangrike deel Handelinge van die Bybel is. Noudat ons na die oorspronklike intensie van die skrywer gekyk het, kan ons dit ook op ons lewens toepas. Die vroeë kerk was nie perfek nie, maar het lewe en krag van die Heilige Gees gehad. Die groei van die vroeë kerk was 'n verstommende gebeure en ons moet daaruit leer. Paulus se bekering en sekere ander belewenisse kan nie altyd as patroon vir hoe dit vandag moet gebeur voorgehou word nie. Handelinge gee duidelikheid oor sommige kwessies  en mense wat in die evangelies genoem word en is 'n skakel tussen die evagelies en die briewe. Net Handelinge vertel hoe Paulus soekers gehanteer het. Die evangelies, vertel van gebeure voor Jesus se sterwe en opstanding en was te vroeg om ons te vertel hoe om 'n Christen te word. Die briewe en Openbaring is te laat geskryf, want hulle is geskryf aan mense wat reeds Christene was. Na Pinkster is niemand weergebore sonder Bekering van sonde, om in Jesus Christus te glo, om in water gedoop te word en om die Heilige Gees te ontvang nie. Dit is die basiese leer van hierdie boek. Johannes die Doper en Jesus – en die briewe – noem ook al vier, maar op verskillende plekke.

Wanneer hy kyk na Handelinge, sê David dat die meeste van die Bybel geskryf is vir menslike redes, maar geredigeer is vir goddelike redes. In hierdie eerste deel kyk ons na die menslike kant. Die skrywer, dr Lukas is die enigste "heidense" skrywer. Medici is opgelei om oplettend te wees, versigtig en analities en dit kom na vore in hoe hy sy evangelie geskryf het en ook die boek Handelinge. In Handelinge het hy aangeteken hoe die evangelie van Jerusalem af versprei het tot in Rome – van die Jode tot by die heidene. Hy het insig gehad, want hy het saam met die apostel Paulus gereis op sy sendingreise, miskien om na sy gesondheid om te sien, en hy was 'n kunstige skrywer en in sy hart 'n evangelis. Lukas het geskryf aan "Hooggeagte Teofilus" en hy was moontlik 'n regter of 'n advokaat wat Paulus moes verdedig in sy verhoor. En van die detail in die Bybel, lyk dit asof Paulus se advokaat suksesvol was by hierdie spesifieke verhoor en dat hy vrygelaat was en kon aangaan met sy groot werk. David wys daarop dat dit eintlik Christenskap was wat onder verhoor was in Rome, eerder as Paulus. Lukas verstig aandag op daardie skynbaar nietige gebeure wat gelei het tot die verspreiding van die Evangelie...

In hierdie 2de gesprek oor die evangelie van Johannes sien ons dat Johannes misverstande wou regstel wat na Jesus se dood ontstaan het. Hy moes antieke Griekse denke regstel. Hulle het wat heilig is geskei van die sekulêre en kon daarom nie insien dat Jesus gelykertyd God en mens was nie. Daarom beklemtoon Johannes Jesus se volledige menswees en sy gebedslewe, maar ook sy volledige Godheid. Hy stel 7 "getuies" van Jesus se Godheid bekend, 7 wonders wat die mees bo-natuurlike is, en 7 woorde van Jesus wat absoluut uniek is. Johannes is geïnteresseerd in wat Jesus was. Hy gaan terug tot reg by die begin om te wys dat Jesus toe reeds daar was as die "Logos" wat die skepping tot bestaan gespreek het. Jesus is "Die Rede" vir alles! Johannes sê 4 dinge oor die Logos – In die begin was Hy reeds (ewig); Hy was van aangesig tot aangesig met God (persoonlik); Hy was God; En die Logos het vlees geword en onder die mense kom woon. As ons in Jesus glo, sê Johannes, sal ons lewe ken wat aanhou, sal ons nie duisternis leef nie; sal ons in vryheid leef; sal ons 'n lewe van waarheid leef; sal ons nie onder God se toorn leef nie. Hierdie evangelie leer ons meer van die Heilige Gees wat ons in staat stel.

Die kern van hierdie gedeelte:

Daar is groot verkeidenheid en tog ook eenheid in die Skrif, want daar was 40 verskillende menslike skrywers, maar net een Goddelike Redakteur. Die skrywers het hulle eie persoonlikhede behou. Die boek van Johannes is anders as die ander 3. David Pawson sê dis asof Johannes na die "binnekant" van Jesus kyk – hoe Hy was, wat was Sy werklike Persoonwees. Van die 12 apostels was Johannes die naaste aan Jesus. Hy laat baie uit van wat die ander sê – die bevrugting en geboorte, doop, versoekings, uitdryf van demone, verheerliking op die berg, die Laaste Maal, Getsemané, die hemelvaart – want sy doel was anders. Maar daar is weer belangrike ekstras – 5 spesifieke wonders wat hy as "tekens" sien; Petrus en die voetwassing; Jesus wat ontmoet met individue; 7 aansprake van Jesus. David verduidelik sekere skynbare teenstellings. Eerder as om te fokus op kort vergelykings skryf Johannes oor Jesus se bediening in die Suide van Israel waar hy nie baie populêr was nie; Sy argumente met die Jode en lang redenasies. David verduidelik die verskil tussen die antieke Griekse denke (wat in die Weste aanvaar is) en Hebreeuse denke – wat baie belangrik is in ons verstaan van die Bybel.

Die kern van hierdie gedeelte:

David Pawson meen dat Lukas die geliefde evangelie is agv van die verhale daarin, maar terselfdertyd is dit die mees onbekende. Hy is die enigste Bybelskrywer wat uit die heidendom gekom het en nie 'n Jood was nie en was 'n dokter. Agv sy mediese agtergrond gee hy unieke detail. David vergelyk Lukas se gelykenisse. Hy het vir 1 man geskryf, Teofilus, waarskynlik om Paulus se vryheid te bewerkstellig sodat hy kon aangaan met sy werk as sendeling. Al Het Lukas materiaal van Markus gebruik het hy ook sy eie navorsing gedoen. Uniek aan Lukas is #1 Die geboorte-verhale, almal vanuit Maria se gesigshoek. #2 'n Storie oor Jesus se kinderjare. #3 Detail oor Jesus se doop in water en die Heilige Gees. #4 Die bergpredikasie skynbaar op verkillende plekke en tye gepreek. #5 'n "Wee" vir elke seën. #6 Verkeie gelykenisse. #7 Insidente met individue. Die groepe waarin hy geïnteresseerd was, was die Samaritane; Heidene soos hyself; verwerptes; vroue; die armes en "sondaars". Daar is ook 'n duidelike bo-natuurlike aspek aan Lukas – engele, die Heilige Gees. Lukas is die evangelie vir almal wat Jesus bekendstel as die Redder van die wêreld.

Die kern van hierdie gedeelte:

David Pawson sê dat die evangelies eintlik nuusberigte is en die beste tot sy reg kom as dit hardop gelees word. Die evangelie van Markus is eerste geskryf en wou primêr vertel wat Jesus gedoen het. Die 4 evangelies saam gee ons 'n 4-dimensionele portret van Jesus omdat hlle verkillende lesers voor oë gehad het. Markus en Lukas het vir ongelowiges geskryf. Al was Markus nooit 'n leier in die vroeë kerk nie was hy 'n assistant en/of vertaler vir 4 verkillende persone op verkillende tye. Sy evangelie gee Petrus se prediking weer  en is 'n boek van aksie. Daar word meer wonders as gelykenisse weergegee. Daar is niks oor Jesus se geboorte of kinderjare nie. Daar word aanvaar dat beide Matteus en Lukas sy evangeli as raamwerk gebruik het en daarop uitgebrei het vanuit hulle persoonlike inligting en kennis. Die eerste 9 hoofstukke handel oor die eerste twee-en-'n-half jaar van Jesus se bediening in Galilea in die Noorde van Israel; dan konsentreer hy op die 12 dissipels vir 6 maande (hfst 10) en die laaste week van Jesus se lewe op aarde neem hoofstuk 11-16 in beslag. Daar is 'n merkwaardige klem op beide die menslike en Goddelike aspekte van Jesus se dood.

Die kern van hierdie gedeelte:

Twee van die vier evangelies was geskryf vir sondaars (Markus en Lukas) en twee vir Christene. Matteus is die handleiding vir dissipelskap, die beste boek in die Nuwe Testament om deur te werk met iemand wat tot bekering gekom het. “Jy dissipel iemand deur hom te leer hoe om hier op aarde reeds in die Koninkryk van God te leef." Die verwagtinge van Jode en Christene oor die Messias en die Koninkryk verskil. Ons leef in die oorvleueling van "hierdie bose eeu" en die vestiging van die Koninkryk van God op aarde. Al vyf preke van Jesus in Matteus is belangrik en gaan oor hoe om onderdane te wees in die koninkryk van God. Die 5 preke: #1 Preek op die berg – Die leefstyl in die Koninkryk. #2 Missie van die Koninkryk – ons het 'n missie om ander in die Koninkryk in te bring deur die Koninkryk te demonstreer en vertel. #3 Wat om te verwag – moenie telleurgesteld wees as elke saad wat jy saai nie vrug lewer nie. #4 Gemeenskap van die Koninkryk – Dissipline is ingesluit. #5 Toekoms van die Koninkryk – 4 duidelike tekens van Jesus se wederkoms.

God is beide Koning en Vader. Geloof, geregtigheid en oordeel is temas in Matteus. Ons moet nooit vergeet wat Jesus vir ons gedoen het nie!

Die kern van hierdie gedeelte:

Matteus (1): David begin deur te praat oor hoe God bedoel het ons die Bybel moet lees. Hy meen dat iemand ons Bybel beskadig het deur hoofstukke en teksverse in te voeg en daarom het ons "teksmense" geword. Die evangelies is nie regtig biografieë nie, want meer as 'n derde van die materiaal beskryf die dood van Jesus. Hulle is meer soos verlengde nuusbulletins. Die skrywers het gebeure beleef en daarvan vertel. Hoekom is daar vier evangelies? David vergelyk hulle. Dan kyk hy na die boek van Matteus vanuit twee hoeke: Wie het hy gehoop om te bereik en wat was sy bedoeling? Matteus beskryf Jesus as die koning van die Jode en gee dit wat Jesus gesê het weer. Jesus was was baie populêr in die Noorde van Israel, maar baie onpopulêr in die Suide waar Hy dan ook eindelik doodgemaak is. Matteus gebruik Markus as sy raamwerk maar voeg meer by. Hy begin by die konsepsie en geboorte van Jesus; het 5 groot preke afgewissel met dade wat die preke illustreer. Matteus was gemik op Joodse lesers en verwys dikwels na hoe Jesus Ou Testamentiese skrifte vervul het. Die boek het tog ook groot waarde vir "heidene", mense wat nie Jode is nie. Hierdie boek wil Jood en Christen by mekaar bring.

Please reload

Matteus (2)

 

H/v Eerstestraat & Kraalkopstraat, Fochville,

Gauteng, 2515, Suid-Afrika

 

Tel: 018 771 6003

Navrae: [email protected]

 

Kantoorure:

 

Maandag - Vrydag 10:00 - 13:00

Maandag - Donderdag 14:30 - 17:30

 

Skoolvakansies:

Maandag - Donderdag 14:30 - 17:30

  • Facebook - White Circle

©2016 by NG Fochville-Noord.