top of page

Bemagtiging

Raak Betrokke

gebesgroep

Gebed is die hartklop van ons gemeente; en elke gelowige se lewe...

 

Ons gemeente se gebedsgroep kom elke Maandagaand, om 19:00, by Getsemane (ons gebedskamer) bymekaar om deur gebed in te tree voor die Vader vir elke aksie, uitreik, en persoon in die gemeente wat voorbidding benodig. 

 

‘n Weeklikse Gebedskalender word elke Sondag aan die gemeente lede verskaf met aktuele sake 

om voor te bid.

 

Kontak Paul en Pikkie Heyns (082 924 2361) of (082 591 3983) vir verdere inligting asook enige gebedsversoek.

 

Julle kan ook op ons Facebook blad gaan kyk vir die weeklikse bidkalender asook waarvoor ons bid.

getsemane

Getsemane is 'n bediening vir vrouelidmate wat 'n behoefte het om, saam met ander vroue, geestelik te groei, mekaar te ondersteun en vir mekaar te bid. Vroue word uitgedaag om buite hul gemakzones te dink en hul rol as vrou in CHRISTUS  

aktief uit te leef.

 

Ons vergader elke Dinsdagaand, om 18:30 by Getsemane (ons gemeente se gebedskamer) en almal is welkom om by ons te kom aansluit. 

 

 

 

Vir meer inligting kontak:

Doreen Victor (0836605178) of Magda Opperman (0820573903)

huishulp bediening

Elke Woensdagoggend, om 8:00, vind daar 'n Bybelstudie geleentheid,vir alle werkers & huishulpe in die dorp, plaas. Hierdie byeenkoms is nog in sy begin stadium, maar ons is reeds 35 persone wat elke Woensdag saam Bybel lees, saamsing en bid. Ons sorg ook dat elke persoon wat nie 'n Bybel van sy/haar eie het nie, een kry.

 

Almal is welkom om hierdie geleentheid by te woon!

 

Ons droom is dat hierdie 'n geleentheid sal wees waar werkers & huishulpe, saam met hul werkgewers, die HERE sal kom aanbid.

 

Vir meer inligting kontak gerus vir Ds Johan Brink (083 459 5214)

musiek bediening

Ons streef daarna om 'n gemeente te wees wat die HERE met hart, stem en dade loof en prys. Ons musiekbediening sorg daarvoor dat ons eredienste geleenthede van Lof & aanbidding tot eer van GOD is.

 

Ons musiekspan wat hiervoor verantwoordelikheid neem is:

 

Debbie Raymond (Orreliste by 082 852 6762)

Marietjie Swart (Kore & Sanggroepe by 082 855 4036)

Waldo Prinsloo (Tegnies & Administratief by 083 651 8042)


Ons eredienste word gekenmerk aan 'n kombinasie van orrelbegeleiding & alternatiewe 

begeleiding; ou bekende liedere & nuwe kontemporere geestelike musiek.

bybelskool

Een van ons gemeente se kernwaardes is om 'n gemeente te wees wat op GOD se Woord as fondament gebou word. Ons Bybelskool speel 'n belangrike rol hierin.

 

Ons Bybelskool vind elke Donderdag, om 9:30 & 19:00, in die kerksaal plaas.

 

Elke geleentheid word 'n nuwe paar hoofstukke in die Bybel saam bespreek en so hanteer ons met verloop van tyd die hele Bybel. 

 

Enige persoon wat 'n passie vir GOD se Woord het en graag wil groei in hul kennis & verstaan van die Bybel is welkom om te kom in skakel. 

 

Almal is welkom!

 

 

Hierdie week hanteer ons...ENERGIE -  Hoe herlaai jy vir die nuwe jaar.

Gemeente kampterrein

Elandsfontein is ons gemeente se Kampterrein en is ideaal vir enige kerk, jeug of ander kampe.

 

Die terrein beskik oor die volgene fasiliteite:

 

Daar is kampeerplek vir karavane en tente.

 

Slaap plek vir 90 persone

(Daar is 4 enkel kamers en 4 saal kamers wat van 19 tot 27 persone kan deel).

 

Ablusie geriewe (Mans & Vrouens) met warm water, stort, bad, wasbakke, spieëls, kragpunte ens.

 

Kombuis met al die nodige geriewe (Yskaste, vrieskaste, grootpotte en panne, Gasstoof, oond, opwas ens) om vir groot hoeveelhede mense kos te maak.

 

Onderdak eetsaal

Braai area

Opwas area

'n Groot swembad

Groot grasperk met bome

Saal met stoele tafels en 'n verhoog

 

Vir besprekings kontak:

Johnny Oberholzer 071 241 9818

bottom of page